Adriaan Strauss (gebore in Bloemfontein op 18 November 1985) is 'n Springbokrugbyspeler wat as haker vir die in die Superrugbykompetisie speel. Hy het voorheen vir 8 jaar lank die verteenwoordig.

Hy trek die gesogte Springboktrui die eerste keer op 19 Julie 2008 aan as plaasvervanger-haker vir Schalk Brits teen die Wallabies. Hy druk sy eerste drie vir die Springbokke op 18 November 2012 teen Skotland in die Murrayfield-Stadion en hy verras die Skotte met nog 'n drie, 25 minute later, nadat hy die bal onderskep het. In 2012–2013 is hy die eerste-keuse haker vir die nasionale span. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Strauss is op 30 Mei 2016 as die nuwe Springbokkaptein aangewys. Hy kondig egter teen einde 2016 sy totale internasionale uittrede aan nadat hy vir slegs 3 toetswedstryde kaptein was.

Verwysings

Eksterne skakels

Adriaan Strauss by itsrugby.co.uk

Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Springbokkapteins Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners