duimnael|links|Die ZDF se uitsaaisentrum in Mainz-Lerchenberg duimnael|links|ZDF-ateljee in Hamburg Die ZDF, 'n afkorting van Zweites Deutsches Fernsehen (Duits: [ˌtsvaɪ̯təs ˌdɔʏ̯tʃəs ˈfɛɐ̯nzeːən]; "Tweede Duitse Televisie"), is 'n openbare Duitse uitsaaikorporasie met sy hoofkwartier in Mainz. Die ZDF is volgens 'n ooreenkoms van die Duitse deelstate in die lewe geroep en word deur lisensiegelde en advertensies gefinansier.

Die ZDF het op 1 April 1963 begin om 'n tweede openbare televisiekanaal (naas dié van die ARD) vanuit sy ateljee in Eschborn, Hesse uit te saai. In 1967 het die ZDF na kleurtelevisie oorgeskakel. Die hoofkwartier en ateljees is in 1974 na Mainz-Lerchenberg in Rynland-Palts verskuif. Daarnaas bedryf die uitsaaikorporasie kleiner ateljees in Duitse deelstaathoofstede.

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste

Kategorie:Duitse televisiekanale Kategorie:Mainz Kategorie:Uitsaaikorporasies