Donald Franciszek Tusk (dɔnalt fran'tɕiʃɛk tusk); (gebore 22 April 1957 in Gdańsk) is 'n Poolse Christen-Demokratiese politikus wat sedert 13 Desember 2023 as die Eerste minister van Pole dien. Hy het dié pos ook van November 2007 tot September 2014 beklee. Op 30 Augustus 2014 is aangekondig, dat hy tot president van die Europese Raad benoem is en hy het dié amp op 1 Desember 2014 aangetree en is op 1 Desember 2019 deur Charles Michel opgevolg.

Hy is daarnaas ook die medestigter en sedert 2002 die voorsitter van die gematigde konserwatiewe party Platforma Obywatelska (PO, "Burgerplatform") wat in die Europese Parlement by die Europese Volksparty aangesluit het.

Pro-EU Na agt jaar aan bewind is in die verkiesings van 2023 Pole se regse populistiese PiS-regering uitgedryf en Donald Tusk, wat pro-Europese integrasie is, het ingetree. Oor sy agt jaar aan bewind was die PiS-regering in 'n uitgerekte twis met die Europese Unie gewikkel oor die oppergesag van die reg. Die voormalige regering het 'n groot deel van Pole se regsplegingsektor hersien op 'n manier wat die Europese Kommissie as strydig met die EU se stigtingsverdrae beskou het.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Eerste Ministers van Pole Kategorie:Presidente van die Europese Raad