Donis is 'n Litause musiekprojek wat deur die multi-instrumentalis Donatas Bielkauskas, 'n boorling van Klaipėda, in die lewe geroep is en hom op ambient-, neofolk- en eksperimentele musiek toespits. Donatas Bielkauskas was naas Donis ook lid van vier ander elektroniese musiekprojekte - Wejdas, Notanga, Ha Lela en Eirimė.

Donis het tussen 1998 en 2013 altesaam tien albums uitgereik. Die meeste van Donis se musikale werke is bewerkings van oorspronklike etniese musiek uit Litaue. Die bekendste album is Bite Lingo, waarop agt argaïese Litause oorlogsliedere deur die folksangeres Rasa Serra gesing word.

Die album Švilpiai behels antieke okarina- of švilpynė-musiek, terwyl Sotvaras in samewerking met lede van Litaue se bekende Heidense musiekgroep Kūlgrinda ontstaan het. Donis het daarnaas 'n album uitgereik wat op Griekse mitologie baseer, Alexandreia, asook enkele eksperimenteel-elektroniese werke.

Toekennings A.LT 2006 - beste etniese musiek-kunstenaar

Diskografie

1998 - Deinana 2002 - Baltos Juodos Klajos 2003 - Švilpiai 2003 - Sotvaras, met Kūlgrinda 2004 - Vacuum 2006 - Bite lingo 2007 - Alexandreia 2010 - Kas tave šaukia... 2011 - Ein saulelė aplink dangų 2013 - Bars Bars 2015 - vanduo.molis.medis (as lid van die musiekgroep „Esatis“)www.radikaliai.lt: ESATIS album review. „Vanduo. Molis. Medis“ – representation of deepness of Lithuanian culture. Besoek op 9 Mei 2016

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste Inligting op die webtuiste van Music Export Lithuania

Media Video: Žalio vario Video: Bars bars

Kategorie:Litause musiekgroepe