Der Spiegel (eie skryfwyse: DER SPIEGEL) is 'n Duitse nuustydskrif wat deur die Hamburgse uitgewery Spiegel-Verlag uitgegee en wêreldwyd versprei word. Met 'n oplaag van ruim een miljoen eksemplare is dit die mees verkoopte weeklikse nuustydskrif in Duitsland.IWV - Der Spiegel 1/2010

duimnael|links|Kantoorgeboue van die Spiegel-groep in Hamburg se nuwe hawebuurt HafenCity Vanweë die groot rol wat die tydskrif in openbare meningsvorming speel, word na Die Spiegel dikwels as 'n leidende publikasie verwys.www.tagesspiegel.de: Ein Leitmedium braucht eine Leitfigur, 17 November 2007Siegfried Weischenberg, Maja Malik, Armin Scholl: Journalismus in Deutschland 2005 . In: media perspektiven 7/2006

Der Spiegel en sy stigter Rudolf Augstein het daarnaas ook 'n sentrale rol in die Duitse persgeskiedenis gespeel.www.stern.de: Erfolge feiern mit Skandalen, 4 Januarie 2007 Die tydskrif, wat in 1947 in die lewe geroep is, het veral betekenis in die stryd om persvryheid en by die onthulling van talle politieke skandale gekry.

Der Spiegel verskyn op Maandae (in Lübeck en Dresden op Sondae, aanlyn reeds op Saterdagaand). Op openbare vakansiedae word dit gewoonlik al op Saterdae uitgegee. Met sy aanlyn-uitgawe Spiegel Online, wat in redaksionele en ekonomiese opsig onafhanklik van die gedrukte Spiegel is, beskik die uitgewery daarnaas oor die mees gelese nuuswebwerf op die Duitstalige internet.

Verwysings

Eksterne skakels

SPIEGEL-groep SPIEGEL Online

Kategorie:Kultuur in Duitsland Kategorie:Nuustydskrifte