Sumeries (, EME.G̃IR15) is die taal van antieke Sumer en ’n geïsoleerde taal wat in Mesopotamië in die Vrugbare Halfmaan (hedendaagse Irak) gepraat is.
In die 3de millennium v.C. het ’n kulturele simbiose ontwikkel tussen die Sumeriërs en die Semitiese Akkadiessprekende volke. Die invloed van Sumeries op Akkadies (en omgekeerd) is te bespeur op alle gebiede, van leenwoorde tot sintaksis, morfologie en fonologie. Geleerdes verwys na Sumeries en Akkadies in die 3de millennium v.C. as ’n spraakbond.
Akkadies het Sumeries omstreeks 2000 v.C. geleidelik as ’n spreektaal vervang (daar word oor die presiese datum gedebatteer),Woods C. 2006 "Bilingualism, Scribal Learning, and the Death of Sumerian". In S.L. Sanders (red.) Margins of Writing, Origins of Culture: 91–120 Chicago (Archive). maar Sumeries is tot in die 1ste eeu n.C. steeds in Akkadiessprekende state van Mesopotamië soos Assirië en Babilonië as ’n heilige, seremoniële, letterkundige en wetenskaplike taal gebruik.Joan Oates (1979). Babylon hersiene uitg., Thames and Hudston, Ltd. 1986 bl. 30, 52–53.The A.K. Grayson, Penguin Encyclopedia of Ancient Civilizations, red. Arthur Cotterell, Penguin Books Ltd. 1980. bl. 92 Daarna het dit vergete geraak, totdat Assirioloë in die 19de eeu begin het om wigskrifinskripsies en te ontsyfer wat deur dié sprekers agtergelaat is.
Verwysings
Kategorie:Geïsoleerde tale Kategorie:Uitgestorwe tale