Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Litaus.

Die Litauers (Litaus: lietuviai, enkelvoud lietuvis/lietuvė) vorm die inheemse Baltiese bevolking van Litaue wat tans sowat 2,6 miljoen mense beloop. 'n Verdere miljoen mense word by die Litause diaspora in Europese of oorsese lande gereken, terwyl 'n groter aantal mense in oorsese gebiede uitsluitlik of gedeeltelik van Litause afkoms is.

duimnael|links|Die vyf historiese etnografiese streke van Litaue: Žemaičiai, Suvalkiečiai, Aukštaičiai, Dzūkai en Prūsai Die moedertaal van Litauers is Litaus, wat naas Lets die enigste oorlewende taal van die Baltiese taalfamilie is. Die meeste Litauers is aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk, terwyl die Lietuvininkai, wat voor die Tweede Wêreldoorlog die noordelike gedeelte van Oos-Pruise ("Pruisies-Litaue") bewoon het, oorwegend lede van die Evangelies-Lutherse Kerk was.

Naas die inheemse Baltiese bevolking was daar steeds ook groot minderhede Slawiërs en Jode in Litaue. Daar word beraam dat 80 persent van Suid-Afrika se Joodse bevolking van 75 000 van Litause afkoms is.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika