Wanneer 'n mens Afrikaans lees, word woorde soos okkasie, konklusie, insident en baie ander soortgelykes teëgekom wat lesers dikwels as anglisismes bestempel. Dit is hulle nie. Hierdie woorde is van Romaanse afkoms; hulle behoort nie tot dieselfde Dietse taalfamilie as geleentheid, gevolgtrekking en voorval nie.
Hoewel dit nie verkeerd is om Romaanse woorde te gebruik nie, is dit nogtans van 'n stilistiese oogpunt beskou, verstandiger om, indien moontlik, aan die suiwerder Dietse woorde voorkeur te gee. Soms bewys die praktyk dat die minder suiwer woord meer gewild geraak het as die suiwere; daarom klink biblioteek, akrobaat, makaroni, depressie, krematorium en politiek meer bekend as boekery, koorddanser, deegdrade, handelslapte, lykoond en staatkunde.
Dit gebeur ook dat die Dietse en die minder suiwer woord gebruik word met 'n effense verskil in betekenis. Dink maar aan advokaat en pleitbesorger, inspeksie en ondersoek, arbiter en skeidsregter, fondament en grondslag. Hier vul die minder suiwere woorde tot op sekere hoogte die Afrikaanse taalskat aan. Ook brei hulle die woordeskat uit waar daar, soos dit lyk, nie 'n geskikte woord vir 'n bepaalde begrip is nie. Daar word gepraat van die logika vir die redeneerkuns, van profeteer en voorspel, van illustreer en ophelder, maar wat logies, profeties en geïllustreerde betref, lyk dit asof laasgenoemde woorde sê wat iemand nie deur die Dietse woorde kan weergee nie. Dan verryk hulle die Afrikaanse taalskat.
Hieronder volg nou 'n lys Romaanse woorde met die Dietse sinoniem langs elkeen:
Selfstandige naamwoorde Romaans DietsAbbreviasie AfkortingAdaptasie AanpassingAdmissie Toegang, toelating, verlof om...Addendum Toevoegsel, aanhangsel, bylaeAffiliasie Samewerking, inlywing, aansluitingAffiniteit VerwantskapAffronteer BeledigAgglomerasie SamehopingAkklamasie ToejuigingAlliansie BondgenootskapAntenna Voelhoring (insek); Lugdraad (TV/radio)Attraksie AantrekkingskragAteïs GodloënaarAgenda OrdelysAntipatie VyandigheidApplous ToejuigingAptyt EetlusAdviseur RaadgewerBombasme HoogdrawendheidBurokrasie AmptenareregeringDispuut Twis, twisgesprekDeserteur DrosterDestinasie (Eind)bestemmingDécor ToneeltoerustingDepopulasie OntvolkingDiskrepansie TeenstrydigheidDiskresie Gesonde verstand, oordeelDuplikaat AfskrifDepresiasie WaardeverminderingDebiteur SkuldenaarEskort GeleideEksodus UittogEkspressie UitdrukkingEkspert DeskundigeEkskursie UitstappieErupsie UitbarstingElokusie VoordragFilosofie WysbegeerteGladiolus SwaardlelieFriksie WrywingHeraldiek WapenkundeHumiliasie VernederingImmuniteit OnvatbaarheidHumaniteit MenslikheidInstansie GevalImmitasie NavolgingIntimidasie VreesaanjagingIntervensie TussenkomsInfleksie VerbuigingIsolasie AfsonderingInspirasie BesielingInstruksie OpdragInnovasie NuwigheidInisiatief OndernemingsgeesImmortaliteit OnsterflikheidImmoraliteit OnsedelikheidIllusie DroombeeldKampanje VeldtogKrediteur SkuldeiserKrimineel MisdadigerKonflik BotsingKonskripsie DienspligKapasiteit Bekwaamheid, vermoëKontensie ArgumentKonsepsie DenkbeeldKonsumpsie VerbruikKonsternasie VerwarringMotief DryfveerMeditasie OorpeinsingMeriete VerdiensteMonopolie AlleenhandelMoralisasie SedepreekOpsie KeuseOutensiteit EgtheidObservasie WaarnemingObsessie WaansinPandemonium VerwarringPseudoniem SkuilnaamRestriksies BeperkingsRésumé SamevattingRegisseur SpelleierRuïne BouvalSirkulêre OmsendbriefSirkulasie OmloopSanksies StrafmaatreëlsSorrieJammerTeologie GodgeleerdheidVaria AllerleiVisie InsigVitaliteit Lewenskrag
Werkwoorde Romaans DietsAgeer (Tydelik) waarneem (soos 'n klas)Agglutineer Aanmekaarlym, laat saamkleefAksentueer BeklemtoonAbsorbeer OpneemAnnekseer InlyfDistribueer Uitdeel, verspreiDomineer BaasspeelDehidreer OntwaterDifferensieer OnderskeiElimineer UitskakelGarandeer WaarborgFelisiteer GelukwensIntroduseer BekendstelKorrigeer VerbeterKompeteer MeedingKonfedereer Verbind, in verbond bringKonfereer BeraadslaagKontroleer BeheerObserveer Waarneem (soos 'n eksperiment)Reserveer BespreekSkandeer (scan) Aftas
Byvoeglike naamwoorde Romaans DietsAkkuraat Noukeurig, presiesAmusant VermaaklikFutiel NutteloosAssimileerbaar OpneembaarImposant IndrukwekkendArtistiek KunstigIntestaat (sterf) Testamentloos (sterf)Delikate (sake) Netelige (sake)Finansiële (bydrae) Geldelike (bydrae)Militante VeglustigeInterne (eksamen) Binnemuurse (eksamen)Antagonisties VyandigGrasieus Bevallig, bekoorlikArtifisiële KunsmatigeAbsolute VolstrekteHumaan MenslikElasties RekbaarIrriterend SteurendEksterne BuitemuurseKollektiewe GesamentlikeFilosofies WysgerigMisterieus Geheimsinnig
Bronnelys Rossouw, P.J.; Du Toit, H.A.; Louw, I.J.; Jurgens, M.L; Theron J.W. Die Lewende Taal. Afrikaans as Moedertaal vir die Junior Sekondêre Kursus (Standerds 9 en 10). Hardeband. Kaapstad, Wynberg: Juta en Kie. Beperk Uitgewers. Bl. 49-61.
Kategorie:Afrikaanse woorde