Margaret Eleanor Atwood (gebore op 18 November 1939 in Ottawa, Ontario, Kanada) is 'n Kanadese outeur, digter, literatuurkritikus, feminis en aktivis. Sy is een van die beroemdste skrywers van die laaste 50 jaar en is reeds beloon met die Arthur C. Clarke-toekenning, die Prins van Asturias-toekenning vir letterkunde, verskyn ses keer op die kortlys vir die Booker-prys wat sy twee keer gewen het, en is sewe keer reeds 'n finalis vir die Kanadese Governor General's Award wat sy ook twee keer gewen het.

Lewe Atwood is gebore in die Kanadese hoofstad, Ottawa. Danksy haar pa se navorsing in entomologie maak klein Margaret reeds vroeg kennis met die Kanadese natuur, spesifiek die landskap van Quebec. Eers toe sy elf was het sy voltyds skoolgegaan, ten spyte waarvan sy reeds in 1957 haar hoërskoolloopbaan voltooi in Leaside, Toronto. In 1961 gradueer sy aan die Victoria University in die University of Toronto met 'n Baccalareus (hons) in Kunste, toegespits op Engelse letterkunde. Sy het nagraadse studies voltooi by Radcliffe College, en dit opgevolg met verdere studies vir 'n onvoltooide doktorsgraad by Harvard-universiteit.

Sy het klasgegee by die Universiteit van Brits-Columbië, die Universiteit van Alberta, New York Universiteit, York Universiteit in Toronto en Sir George Williams Universiteit in Montreal.

Atwood het reeds sedert die sewentigerjare saam met die skrywer Graeme Gibson geleef. Tans is sy aktief in Kanadese groepe wat werk om klimaatsverandering te keer.

Romans en kortverhale The Edible Woman (1969) Surfacing (1972) Lady Oracle (1976) Dancing Girls (1977) Life Before Man (1979) Bodily Harm (1981) Murder in the Dark (1983) Bluebeard's Egg (1983) The Handmaid's Tale (1985) Cat's Eye (1988) Wilderness Tips (1991) Good Bones (1992) The Robber Bride (1993) Alias Grace (1996) The Blind Assassin (2000) Good Bones and Simple Murders (1995) Oryx and Crake(2003) The Penelopiad (2005) The Tent (2006) Moral Disorder (2006) The Year of the Flood (2009) MaddAddam (2013) Stone Mattress (2014) The Heart Goes Last (2015) Hag-Seed (2016) The Testaments (2019) Scribbler Moon (geskryf in 2014 om in 2114 gepubliseer te word as deel van die Future Library Project).

Poësie Double Persephone (1961) The Circle Game (1966) The Animals in that Country (1968) The Journals of Susanna Moodie (1970) Procedures for Underground (1970) Power Politics (1971) You Are Happy (1974) Selected Poems (1976) Two-Headed Poems (1978) True Stories (1981) Interlunar (1984) Selected Poems II: Poems Selected and New 1976–1986 (1986) Morning in the Burned House (1995) Eating Fire: Selected Poetry 1965–1995 (1998) The Door (2007)

Essays en ander nie-fiksie Survival: A Thematic Guide to Canadian Literature (1972) Days of the Rebels 1815–1840 (1977) Second Words (1982) Strange Things: The Malevolent North in Canadian Literature (1996) Two Solicitudes: Conversations(1998) Negotiating With the Dead: A Writer on Writing (2002) Curious Pursuits (2005) Moving Targets: Writing with Intent 1982–2004 (2004) Payback: Debt and the Shadow Side of Wealth (2008) In Other Worlds: SF and the Human Imagination (2011) On Writers and Writing (2015)

Kinderliteratuur Up in the Tree (1978) Anna's Pet (1980) For the Birds (1990) Princess Prunella and the Purple Peanut (1995) Rude Ramsay and the Roaring Radishes (2003) Bashful Bob and Doleful Dolinda (2004) Wandering Wenda and Widow Wallop's Wunderground Washery (2011)

Eksterne skakels

Persoonlike webwerf

Kategorie:Kanadese digters Kategorie:Kanadese skrywers Kategorie:Feministe Kategorie:Klimaataktiviste Kategorie:Letterkundige kritici Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Lewende mense