Keiserin Matilda (ook bekend as keiserin Mathilde of keiserin Maud; c. 7 Februarie 1102 – 10 September 1167) was die dogter en erfgenaam van Hendrik I van Engeland en van Matilda van Skotland. In 1114 het sy getrou met keiser Hendrik V van die Heilige Romeinse Ryk, maar hy is in 1125 dood. Hulle het nie kinders gehad nie. In 1128 het sy weer getrou, dié keer met Godfried V van Anjou.

Ondanks die feit dat die baronne ingestem het dat Matilda haar pa ná sy dood sal opvolg, was daar twee struikelblokke in die weg: Sy was ’n vrou en haar tweede man was van die vyandelike Franse Huis van Anjou. Hendrik se susterskind Stefanus van Blois het toe die Engelse troon oorgeneem. Dit het gelei tot ’n burgeroorlog, bekend as Die Anargie, waartydens Matilda ’n paar maande in 1141 op die Engelse troon gesit het. Hierna het Stefanus weer die mag oorgeneem.

Matilda se seun Hendrik sou wel ná Stefanus koning van Engeland word.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Mathilde van Engeland

Kategorie:Engelse monarge Kategorie:Geboortes in 1102 Kategorie:Huis van Normandië Kategorie:Huis van Plantagenêt Kategorie:Sterftes in 1167