duimnael|links|260px|'n Geskiedkundige gebou op Cathcart wat die dorpsadministrasie huisves.

Cathcart is 'n dorp in die Oos-Kaap, tussen Komani (Queenstown) en Stutterheim. Die N6 nasionale pad loop deur Cathcart.

Geskiedenis Die dorp het ontstaan as 'n militêre buitepos aan die hange van die Windvogelberg. Die dorp is aanvanklik vernoem na 'n hoofman van die San voordat hulle deur die Thembu Xhosas verdryf is. Die eerste woonerwe is in 1858 verkoop en die dorp hernoem na sir George Cathcart, goewerneur van die Kaapkolonie van 1852 tot 1854. Sir George het die Agtste Grensoorlog tussen die Xhosas en die setlaars beëindig. Hy het ook baie gedoen om die veiligheid van die grensbewoners te verbeter.

NG gemeente Vir hoofartikel sien NG gemeente Cathcart

duimnael|links|240px|Die hoeksteen van die NG kerk op Cathcart is op 27 Mei 1882 gelê, maar vermeld nie deur wie nie. Die toring is eers later aangebou.

Die gebied wat nou Cathcart heet, was sowat 30 jaar lank 'n buitewyk van die NG gemeente Queenstown, maar teen Julie 1905 het daar sprake van afstigting gekom. Toe 'n gemeentevergadering gehou is, kon daar egter nie tot 'n beslissing gekom word nie. Hierop is besluit om lyste uit te stuur om die gevoel van die lidmate te toets. Die gevolg hiervan was dat weer 'n gemeentevergadering gehou is, waarop die stemming meer beslissend was. Die gemeente is egter eers op 26 Oktober 1907 amptelik gestig.

Op 28 Julie 1906 is reeds besluit om 'n baie ruim pastorie op die dorp te bou om te voorsien in die behoeftes van die predikante, wat gewoonlik 'n baie groot huisgesin gehad het. Die pastorie het £1 270 gekos, maar het nog te klein geblyk te wees en is in 1913 teen 'n koste van £115 vergroot met 'n vertrek wat as studeerkamer vir die leraar kon dien. In 1950 is dié gebou as skoolkoshuis verkoop en toe het die kerkraad besluit om 'n nuwe langs die kerkgebou op te rig. Hiermee is in 1951 begin.

Distrik Die distrik is 2 600 km2 groot en is skaap- en beeswêreld.

Sien ook NG gemeente Cathcart Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap