Die Meksikaanse nasionale rugbyspan (Spaans: Selección de rugby de Mexico) is die nasionale rugbyspan wat Meksiko in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Serpientes (Spaans vir: “die slange”), ontleen aan Quetzalcoatl, die slanggod in die Asteekse mitologie. Rugby word in Meksiko geadministreer deur die Meksikaanse Rugbyfederasie (Federación Mexicana de Rugby, FMR) wat in 2003 gestig is. Meksiko word as die derde beste rugbyspan in Noord-Amerika beskou (ná die Verenigde State en Kanada) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Meksikaanse rugbyspan is tans (September 2026) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Meksiko het in 1996 sy eerste toetswedstryd teen Colombia gespeel. Die span het tydens die Noord-Amerikaanse Rugbykampioenskap twee titels ingepalm en een keer tweede geëindig. Meksiko kon tot dusver nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Meksiko speel tradisioneel in donkergroen truie, wit broeke en rooi sokkies – wat aan die kleure van die vlag van Meksiko ontleen is.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Meksiko is die Meksikaanse Rugbyfederasie (Spaans: Federación Mexicana de Rugby, FMR). Die Meksikaanse Rugbyfederasie is in 2003 gestig en het in 2006 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) geword. In dieselfde jaar het die Meksikaanse beheerliggaam by Rugby Amerikas Noord (Rugby Americas North, RAN) aangesluit.

Die hoogste rugbyliga in die land is die Liga Mexicana de Rugby XV’s wat in 1972 gestig is en tans tussen 15 spanne beslis word. Die meeste spelers van die Meksikaanse nasionale span speel in dié liga. Van die ander spelers is veral in veral in die Verenigde State op professionele vlak aktief.

Naas die amptelike nasionale span roep die Meksikaanse Rugbyfederasie ook ander keurspanne byeen. Net soos ander rugbylande beskik Meksiko oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-trofee deelneem. Die Mexico Sevens is die Meksikaanse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting.

Toetswedstryde Meksiko het 25 van sy 47 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 53,19%. Meksiko se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2026):

Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 4 0 2 0 50,00 1 0 1 0 0,00 4 3 1 0 75,00 2 0 2 0 0,00 7 1 5 1 14,29 13 8 5 0 61,54 1 1 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 2 1 1 0 50,00 1 1 0 0 100,00 1 0 0 1 0,00 3 2 1 0 66,67 1 1 0 0 100,00Algeheel 47 25 21 1 53,19

Rekords Wêreldbekerrekord Meksiko kon tot dusver nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.

Jaar Uitslag 1987 Nie genooi nie 1991 Nie deelgeneem nie 1995 Nie deelgeneem nie 1999 Nie deelgeneem nie 2003 Nie deelgeneem nie 2007 Nie deelgeneem nie 2011 Nie gekwalifiseer nie 2015 Nie gekwalifiseer nie 2019 Nie gekwalifiseer nie 2023 Nie deelgeneem nie 2027 Nie deelgeneem nie 2031

Noord-Amerikaanse Rugbykampioenskap Meksiko neem sedert 2008 aan die Noord-Amerikaanse Rugbykampioenskappe deel. Hulle het die toernooi twee keer gewen en een keer as naaswenner geëindig. Titeloorwinnings (2): 2016, 2025

Amerikaanse Rugbyuitdaagbeker Meksiko het in 2018 en 2019 aan die Amerikaanse Rugbyuitdaagbeker vir swakker geagte Noord-Amerikaanse spanne ná die Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem. Hul beste prestasie was die tweede plek in 2019.

Ander toetswedstryde Vanweë sy laat vestiging het Meksiko gedurende die amateurtydperk min toere volgens die ou tradisie onderneem, aangesien dit teen die jaar 2000 tot ’n einde gekom het. Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Suidelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks. In teenstelling met die meeste ander rugbylande speel Meksiko nie vir enige trofee teen sy teenstanders nie.

Sien ook

Meksikaanse nasionale sokkerspan

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Meksikaanse Rugbyfederasie Meksiko by Wêreldrugby Meksiko op Americas Rugby News

Kategorie:Rugby in Meksiko Kategorie:Nasionale rugbyspanne van Noord-Amerika