Die Meksikaanse Rugbyfederasie (Spaans: Federación Mexicana de Rugby, afgekort FMR) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Meksiko beheer. Die beheerliggaam is in 2003 gestig en in Meksikostad gesetel. Sedert 2006 verteenwoordig dit Meksiko by Wêreldrugby en ook by Rugby Amerikas Noord (RAN).
Geskiedenis Die Meksikaanse Rugbyfederasie is in 2003 gestig en het in 2006 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) geword. In dieselfde jaar het die Meksikaanse beheerliggaam by Rugby Amerikas Noord (Rugby Americas North, RAN) aangesluit.
Taak Die Meksikaanse Rugbyfederasie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Meksiko se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die Serpientes), vroue en jeug. Die FMR hou ook toesig oor sewesrugby in Paraguay en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Meksikaanse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die Meksikaanse Rugbyfederasie ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Meksiko. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik Meksiko oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-trofee deelneem. Die Mexico Sevens is die Paraguaanse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel.
Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in die land is die Liga Mexicana de Rugby XV’s wat in 1972 gestig is en tans tussen 15 spanne beslis word. Die meeste spelers van die Meksikaanse nasionale span speel in dié liga. Van die ander spelers is veral in veral in die Verenigde State op professionele vlak aktief.
Verwysings
Eksterne skakels Die Meksikaanse Rugbyfederasie se amptelike tuisblad
Kategorie:Rugby in Meksiko Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby