duimnael|Mauser-model 1895, deur die Boere in Suid-Afrika gebruik; (in die Auckland-museum) . Die Mauser-model 1895 is 'n grendelaksiegeweer met 'n magasyn wat die 7×57 mm-Mauser-patroon gebruik. Dit is na talle oorsese moondhede uitgevoer, insluitend die Chileense weermag, wat dit as die Fusil Mauser Chileno Modelo 1895 in gebruik geneem het. Dit is die eerste groot aanpassing van die Mauser-model 1893 en is tussen 1895 en 1900 vervaardig deur Deutsche Waffen und Munitionsfabriken (bekend as DWM) en sy voorganger, die Ludwig Loewe-maatskappy. Die geweer is ook deur die Boere magte as standaard wapen gebruik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.

Geskiedenis links|duimnael|Chileense M1895-gewere tydens 'n militêre parade in 2014. Die Mauser-model 1895, wat aanvanklik in 1895–1896 deur Ludwig Loewe & Co en later deur DWM (1897–1900) verskaf is, het vir die eerste keer tydens 'n wedloop om vuurwapens tussen Argentinië en Chili in 1896 en 1898 verskyn Gedurende hierdie tydperk is meer as 80 000 Model 1895-gewere en 30 000 Model 1895-karabyne verskeep en aan die Chileense leër uitgereik.

Die Model 1895 is kort na die Jameson-inval in Desember 1895 deur Ludwig Loewe & Co. (en later DWM) aan die Republiek van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek (die Z.A.R., maar meer algemeen bekend as die "Transvaal") verskaf om die tekort aan moderne magasyn-gevoerde gewere vir die staatsleër die hoof te bied. Ongeveer 70 000 Mauser-gewere is bestel, maar slegs 55 000 is afgelewer. Sommige van die gewere wat nie afgelewer is nie, is na Chili herlei; gevolglik het baie van die gewere in daardie land die inskripsie "O.V.S." (Oranje Vrij Staat) gedra. Die Model 1895 wat na die "Transvaal" gebring is, het ook as die "Boer Model"-Mauser bekendgestaan, en dié wat aan die Oranje-Vrystaat gelewer is, was gemerk met "O.V.S." net bokant die reeksnommer. Gewere wat aan die Transvaal gelewer is, het geen staatsmerke gedra nie. Almal was gemerk met "Mod. Mauser", gevolg deur die vervaardigingsdatum. Dit het gelei tot 'n misverstand oor die identifikasie tussen die Model 1896 en die Model 1897. Destyds kon 'n Afrikaanse boer (ook bekend as 'n Boer) 'n Mauser Model 1895 teen 'n prys van £3 koop. 'n Ander variant, in Afrikaans bekend as die "Plezier-Mauser", is teen 'n prys effens bo kosprys deur die onderskeie regerings en private handelaars vir sport- en private gebruik verkoop. Hierdie gewere het verskil wat betref kolfstyl, loop, visierlyne en versiering. Sommige van die laaste gewere wat deur DWM gelewer is, was toegerus met afwaarts geboë grendelhandvatsels, wat hulle geskik gemaak het vir Suid-Afrikaanse boere te perd. Die vervaardiging van die Mauser Model 1895 is in 1899 weens die Tweede Vryheidsoorlog gestaak.

Die Mauser-model 1895 is ook in Meksiko, Costa Rica, Paraguay, Iran, El Salvador en Honduras gebruik. Mauser-model 1895-gewere en -karabyne was die standaardwapens van die verskillende Meksikaanse leërs tydens die Meksikaanse Rewolusie, terwyl die Paraguayaanse gewere tydens die Chaco-oorlog in gevegte gebruik is.

Gebruikers

23px Qing-dinastie

23px|rand|skakel=El Salvador El Salvador

23px|rand|skakel=Iran Iran

Serwië

Verwysings

Kategorie:Vuurwapens Kategorie:Tweede Vryheidsoorlog