duimnael|Boerekommando-lede tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die Boerekommando's was vrywillige militêre eenhede vir hoofsaaklik guerrilla-milisies wat deur die Boere van Suid-Afrika georganiseer is. Die term "commando" (kommando) is tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) vanuit hierdie konteks in die Engelse taal oorgeneem en beteken hedendaags, 'n vegter, of 'n operateur van 'n ligte infanterie eenheid of spesiale mag eenheid wat in eksklusiewe operasionele tegnieke opgelei word.
Geskiedenis In 1658 het oorlog tussen die Nederlandse setlaars aan die Kaapkolonie en die Khoikhoi uitgebreek. Om die nedersetting te beskerm, is alle weerbare mans opgeroep vir militêre diens. Ná die afloop van hierdie oorlog was alle mans in die kolonie onderhewig aan militêre diensplig en moes hulle gereed wees om met min kennisgewing op te tree.
Teen 1700 het die kolonie aansienlik uitgebrei en is dit in distrikte verdeel. Daar kon nie staatgemaak word op die klein militêre garnisoen by die Kasteel de Goede Hoop om vinnig in die grensdistrikte op te tree nie; gevolglik is die kommandostelsel uitgebrei en geformaliseer. Elke distrik het 'n kommandant gehad wat verantwoordelik was om alle burgers in tye van nood op te roep. Tydens die eerste Britse inval in die Kaapkolonie in 1795 en die tweede inval in 1806, is die kommando's opgeroep om die Kaapkolonie te verdedig. Tydens die Slag van Blaauwberg in Januarie 1806 het die Swellendam-kommando die Britte lank genoeg afgehou vir die res van die Bataafse leër om na veiligheid terug te trek. links|duimnael|Boerekommando in aksie tydens die Eerste Vryheidsoorlog, 1881. Onder Britse bewind het die Kaapkolonie voortgegaan om die kommandostelsel in sy grensoorloë te gebruik, naas gereelde Britse imperiale troepe. Boerekommando's het skouer aan skouer met die Fingo, Britse setlaars, Khoikhoi en ander etniese groepe geveg in eenhede wat dikwels gemeng was. Ligte, beweeglike kommando's was ongetwyfeld beter geskik as die stadige kolonne imperiale troepe vir oorlogvoering in die ruwe bergagtige grensgebiede. Daar het egter dikwels spanning in die Kaapse regering ontstaan oor die relatiewe meriete en beheer van hierdie twee parallelle militêre stelsels.RD staff (1996). Xhosa Wars. Reader's Digest Family Encyclopedia of World History. The Reader's Digest Association.
Tydens die Groot Trek is hierdie stelsel gebruik, en dit het in die Boererepublieke in gebruik gebly. Albei republieke het kommandowette uitgevaardig wat kommandodiens verpligtend gemaak het in tye van nood vir alle manlike burgers tussen die ouderdomme van 16 en 60. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) het die Boerekommando die ruggraat van die Boere-magte gevorm.
Ná die vredesluiting in 1902 is die kommando's ontbind. Hulle het egter weer in die geheim as "skietklubs" saamgesnoer. In 1912 is die kommando's hervorm as 'n Aktiewe Burgermag binne die Unie-verdedigingsmag. Hierdie stelsel was in werking tot 2005, toe alle kommando's weer ontbind is.
Strukture duimnael|Die Carolina-kommando, gestig in 1895, met 'n vlag Elke kommando was aan 'n dorp gekoppel en is na daardie dorp vernoem (bv. die Bloemfontein-kommando). Elke dorp was verantwoordelik vir 'n distrik wat in wyke verdeel was. Die kommando het onder die bevel van 'n kommandant gestaan, en elke wyk onder dié van 'n veldkornet (wat gelykgestel kon word aan die rang van 'n senior onderoffisier).
Die veldkornet was nie net verantwoordelik vir die oproep van die burgers nie, maar ook vir polisiëring in sy wyk, die invordering van belasting, en die uitreiking van vuurwapens en ander militêre toerusting in tye van oorlog. Teoreties is 'n wyk in korporalskappe verdeel. 'n Korporalskap het gewoonlik uit ongeveer 20 burgers bestaan. Soms het hele families (vaders, seuns, ooms en neefs) 'n korporalskap gevul. links|duimnael|400px|Struktuur van ’n Boerekommando. duimnael|Boerekommando by die Slag van Colenso. Die veldkornet was verantwoordelik aan die kommandant, wat op sy beurt verantwoordelik was aan 'n generaal. In teorie was 'n generaal verantwoordelik vir vier kommando's. Hy was op sy beurt verantwoordelik aan die opperbevelhebber van die republiek. In Transvaal is die opperbevelhebber die Kommandant-generaal genoem, en in die Vrystaat die Hoofkommandant. Die opperbevelhebber was verantwoordelik aan die president.
Ander hulp-range is tydens oorlogstyd geskep, soos die "vleiskorporaal", wat verantwoordelik was vir die uitreiking van rantsoene. duimnael|‘n Boerekommando met gevange Britse krygsgevangenes tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902). Die kommando het uit vrywilligers bestaan; alle offisiere is deur die lede van die kommando aangestel, en nie deur die regering nie. Dit het sekere bevelvoerders die geleentheid gebied om na vore te tree – soos generaal Koos de la Rey en generaal C.R. de Wet – maar dit het ook die nadeel gehad dat onbekwame bevelvoerders soms aan die hoof geplaas is. Dissipline was ook 'n probleem, aangesien daar geen werklike manier was om dit af te dwing nie.
Die verskillende Boererepublieke het nie almal dieselfde bevelstruktuur gehad nie.Angloboerwar website
Wapens Voor die Tweede Vryheidsoorlog was die gewildste geweer in die republieke die .450 Westley Richards – ’n enkelskoot-agterlaaier met ’n valblokmeganisme en ’n akkuraatheid van tot 600 jaart. Sommige was gemerk "Made Specially For Z.A.R."https://www.labuschagne.info/small-arms.htm, Small Arms of the Boer War Hulle was soortgelyk aan die Martini-Henry Mark II-gewere wat deur Britse troepe gebruik is.https://www.bbc.co.uk/history/british/victorians/boer_wars_01.shtml, Boer Wars ’n Boek oor die oorlog (J. Lehmann se The First Boer War, 1972) het die volgende opmerking oor die Boere se geweer gemaak: "Deur hoofsaaklik die uitstekende Westley Richards-agterlaaier te gebruik – kaliber .45; papierpatroon; slagdop wat met die hand op die tepel geplaas word – het hulle dit vir die Britte uiters gevaarlik gemaak om hulself teen die horisonlyn bloot te stel". Tydens die Eerste Vryheidsoorlog het sommige ouer Boere die "Monkey Tail" verkies – ’n slagdop-agterlaaier wat ook deur Westley Richards vervaardig is. duimnael|Mauser 1895-grendelgeweer (in die Auckland-museum). Vir die Anglo-Boereoorlog het Paul Kruger, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, die leër herbewapen deur 37 000 van die nuutste Mauser-model 1895-gewere en ongeveer 40 tot 50 miljoen rondtes 7x57-ammunisie in te voer ; . Die Model 1895 was ook bekend as die "Boeremodel"-Mauser en was net bo die reeksnommer met "O.V.S." (Oranje Vrij Staat) gemerk.https://www.shootingtimes.com/editorial/longgun_reviews_st_boermodel_201007/99362, The Model 1893/95 "Boer Model" Mauser Hierdie Duitse geweer het 'n skietafstand van meer as 2 000 jaart gehad. Ervare skuts kon uitstekende akkuraatheid oor lang afstande behaal. Sommige kommando's het die Martini-Henry Mark III gebruik, aangesien duisende daarvan ook aangekoop is; die nadeel was egter die groot wolk wit rook na 'n skoot, wat die skut se posisie verklap het.
Ongeveer 7 000 Guedes 1885-gewere is ook 'n paar jaar vroeër aangekoop, en dié is tydens die vyandelikhede gebruik.
Ander het gebuite Britse gewere gebruik soos die "lang" Lee-Metford en die Enfield, soos bevestig deur foto's uit die era. Toe die ammunisie vir die Mausers opraak, het die Boere hoofsaaklik op die gebuite Lee-Metfords staatgemaak.
Buiten 'n geweer het min lede van die kommando's bajonette gebruik. duimnael|Australiese troepe met 'n QF 1-pond-Maxim-outomatiese kanon wat van die Boere buitgemaak is, omstreeks 1901. Die beste moderne Europese artillerie is ook aangekoop. Teen Oktober 1899 het die Transvaalse Staatsartillerie oor 73 swaar kanonne beskik, insluitend vier 155 mm-Creusot-vestingkanonne en 25 van die 37 mm-Maxim-Nordenfeldt-kanonne. Die Boere se Maxim – groter as die Maxim-model wat deur die Britte gebruik is. – was 'n waterverkoelde "outomatiese kanon" met 'n groot kaliber wat deur 'n patroonband gevoer is en plofbare projektiele (met rooklose dryflading) teen 'n tempo van 450 skote per minuut afgevuur het; dit het bekend gestaan as die "Pom-Pom".http://www.smallarmsreview.com/display.article.cfm?idarticles=2490, SOUTH AFRICA’S NATIONAL MUSEUM OF MILITARY HISTORY
Ander wapens wat gebruik is, het ingesluit:
Mauser C96 pistool Colt Single Action Army rewolwer Remington Model 1875 rewolwer Remington Rolling Block geweer Winchester-geweer Vetterli-geweer Gewehr 1888 Krag–Jørgensen-geweer Kropatschek geweer Lee–Enfield Lee–Metford Martini–Henry Guedes-geweer Enfield rewolwer Mauser Zig-Zag M1879 Reichsrewolwer
Lys van Boerekommando-eenhede Die volgende Boerekommando's het in die Oranje-Vrystaat en Transvaal bestaan:
Oranje-Vrystaat
Bethlehem Bethulie Bloemfontein Boshof Bothaville Brandfort Caledon River Edenburg Fauresmith Ficksburg Frankfort Harrismith Heilbron Hoopstad Jacobsdal Kroonstad Ladybrand Lindley Parys Philippolis Rouxville Senekal Smithfield Thaba Nchu Ventersburg Vrede Vredefort Wepener Winburg
Transvaal
Amsterdam Bethal Bloemhof Boksburg Carolina Christiana Elandsfontein Elands River Ermelo Fordsburg Germiston Heidelberg Jeppestown Johannesburg Klerksdorp Krugersdorp Lichtenburg Lydenburg Marico Middelburg Piet Retief Potchefstroom Pretoria Rustenburg Standerton Swaziland Utrecht Vryheid Wakkerstroom Waterberg Wolmaransstad Zoutpansberg Zwartruggens
Verwysings
Kategorie:Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Suid-Afrikaanse militêre eenhede Kategorie:Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis