Practical Magic is ’n Amerikaanse fantasierolprent/romantiese komedie/dramarolprent van 1998, geskoei op die roman met dieselfde naam uit 1995 deur Alice Hoffman. Die regie is deur Griffin Dunne en die hoofrolle word vertolk deur Sandra Bullock, Nicole Kidman, Dianne Wiest, Stockard Channing en Aidan Quinn.
Bullock en Kidman is die susters Sally en Gillian Owens, wat afstam van ’n lang geslag hekse. Nadat hulle ouers weens ’n familievloek gesterf het, word die susters deur hulle tantes grootgemaak, wat hulle die gebruike van praktiese towery leer. Jare later moet hulle hulle toorkrag gebruik om die bose gees van Gillian se mishandelende kêrel te vernietig voordat dit hulle doodmaak.
Practical Magic is op 16 Oktober 1998 deur Warner Bros. uitgereik en het gemengde resensies gekry, wat die prent se kombinasie van verskillende genres, waaronder bonatuurlike fantasie, gesinsgewelddrama, romantiese komedie en misdaadprosedure, as skokkend en onvanpas beskou het. Sedertdien het dit ’n kultusaanhang opgebou. ’n Opvolgprent, Practical Magic 2, sal na verwagting binnekort uitgereik word. thumb|220px|Mark Feuerstein Rolverdeling
Sandra Bullock as Sally Owens, 'n heks wat haar man, Michael, verloor weens die familievloek. Sy laat staan toorkrag en laat nie toe dat haar dogters dit beoefen nie. Camilla Belle as 'n jong Sally Owens Nicole Kidman as Gillian "Gilly" Owens, Sally se vrygeestige suster, wat die klein dorpie verlaat en die slagoffer van 'n mishandelende kêrel word Lora Anne Criswell as 'n jong Gillian Owens Stockard Channing as Frances Owens, Sally en Gillian se eerlike en selfversekerde tante Dianne Wiest as Bridget "Jet" Owens, Sally en Gillian se ander tante, wat sag en goedhartig is Goran Visnjic as James "Jimmy" Angelov, Gillian se minnaar. Hy is oorspronklik van Bulgarye, en is 'n alkoholis en reeksmoordenaar met 'n cowboystyl wat die Owens-susters ontvoer en twee keer uit selfverdediging deur hulle vermoor word. Aidan Quinn as ondersoekbeampte Gary Hallet van Arizona wat Sally en Gillian ondervra oor Jimmy se verdwyning en verlief raak op Sally Evan Rachel Wood as Kylie Owens, Sally se oudste dogter, wat ná haar pa se dood by haar ma en dié se twee tantes woon. Sy lyk nes Gillian en tree soos sy op. Alexandra Artrip as Antonia Owens, Sally se jongste dogter, wat ook by hulle woon. Sy het donker hare en 'n vurige persoonlikheid. Lucinda Jenney as Sara, een van die dorpsvroue wat aanvanklik bang is vir die Owens-familie, maar later vir Sally help Mark Feuerstein as Michael Greene, Sally se man en Kylie en Antonia se pa. Hy is 'n slagoffer van sy vrou se familievloek en sterf voortydig. Caprice Benedetti as Maria Owens, die eerste heks in die Owens-familie wat die vloek uitspreek wat al haar afstammelinge tref Peter Shaw as Jack, Sally en Gillian se pa, wat weens die familievloek gesterf het toe hulle nog jonk was Caralyn Kozlowski as Regina Owens, Sally en Gillian se ma, wat selfmoord gepleeg het ná haar man, Jack, se dood weens die familievloek
Ontvangs Practical Magic het met sy uitreiking negatiewe resensies gekry, wat die inkonsekwente toon en draaiboek daarvan gekritiseer het. Op Rotten Tomatoes was 30% van 107 resensies positief, met ’n gemiddelde punt van 5,1/10. Die webwerf se konsensus lui: "Practical Magic se skokkende tonale verskuiwings kelder die geringe potensiaal wat sy onkonvensionele verhaal kan hê – hoewel Nicole Kidman en Sandra Bullock se chemie ’n goeie rede vir toekomstige samewerking is." Op Metacritic het die prent ’n gemiddelde telling van 46 op grond van 22 kritici ontvang, wat op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs dui.
Owen Gleiberman van Entertainment Weekly het 'n negatiewe resensie geskryf waarin hy dit beskryf as ’n "heksekomedie wat so slordig, slepend en deurmekaar is dat dit lyk asof ’n vloek daarop geplaas is". Roger Ebert van die Chicago Sun-Times het van die prent se onsekere toon gepraat, wat "van gruwel tot lag tot romanse swaai", en was van mening dat dit "te skrikwekkend vir kinders en te kinderagtig vir volwassenes is".
Garth Stahl van die Hartford Courant was positiewer en het opgemerk dat vroue in donker komedie en uitbeeldings van susterskap skaars in rolprente is. Hy het geskryf dat Practical Magic "sy gebreke het. Sommige tonele is swak, reëls is soms ’n bietjie deurmekaar, en die intrige is op sommige plekke onderontwikkel. Tog is dit waaghalsig en pret – ’n vrolike vertoning vir twee bekoorlike aktrises en ’n deftige filmuitgangspunt".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse rolprente