Die Longmere-dam is ‘n keerwal in die Witrivier in Mpumalanga.

Ligging Hierdie stumeer lê ±7 km noord van die dorp Witrivier by die koördinate 25° 15′ 54″ suid en 31° 0′ 17″ oos in ‘n besonder skilderagtige omgewing.

Dam Die dam is in 1939-1940 deur die regering gebou. Dit is 350 m lank, 26 m hoog en skep ‘n bakmaat van minstens 3.5 miljoen m³. As dit vol is, is die oppervlakte 85 ha, 15 m op sy diepste punt en 922 m bo seevlak.

Gebruik Aanvanklik is die water slegs deur die boere gebruik om hul landerye met lemoenbome, blomme en groente te besproei. Teenswoordig word die dam en direkte omgewing al meer vir ontspanning benut, soos piekniek maak, wandelinge in die veld, fotografie, die waarneming van voëls, roei en die vang van grootbekbaars, bloukurper en katvis.

Lees ook Klipkopjesdam Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Let wel Dit moet nie verwar word met die Longmore-bosboustasie in die omgewing van die Van Stadens-veldblomreservaat en Hankey, Loerie, Thornhill en Patensie nie.

Bibliografie https://www.dws.gov.za/hydrology/Weekly/ProvinceWeek.aspx?region=M https://mapcarta.com/14310166 https://mindtrip.ai/attraction/white-river-mpumalanga/longmere-dam/at-2p9zgJ4t

Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Damme van Suid-Afrika