duimnael|regs|Erica oatesii in Lotheni-natuurreservaat Die Lotheni-natuurreservaat is ‘n beskermde gebied in die Drakensberge in KwaZulu-Natal.
Ligging Die park is by 29° 26′ 59.6″ suid, 29° 31′ 30.3″ oos, noordwes van die nedersetting Lotheni, suidwes van Nottingham Road en 130 km wes van Pietermaritzburg. Dit is 3 984 ha groot en in 1953 gestig.
Park Die gebied is bekend om sy pragtige berglandskap. Vir besoekers is daar basiese oornaggeriewe en voetslaan- en bergfietsroetes. In die Lothenirivier kan geswem en vir forel gehengel word. Diere wat teengekom kan word, is die rietbok, rooiribbok, oorbietjie, eland, bobbejaan, gewone duiker, muishond, groototter, edelvalk, baardaasvoël, kransaasvoël, reusevisvanger, grootswartooievaar en die witkruisarend. Verskeie proteasoorte kom hier voor.
Naam Lotheni beteken “in die as”. Dit verwys blykbaar na die askleurige voorkoms van die leiklip in die klowe.
Bibliografie https://www.bahaflyfishing.co.za/reviews/venues/lotheni-nature-reserve/ https://bicyclesouth.co.za/listings/lotheni-nature-reserve/ https://campandlive.co.za/campsites/south-africa/kwazulu-natal/himeville/lotheni-nature-reserve-kzn-wildlife/ https://drakensberghikes.com/directory/explore-by-region/lotheni-range/lotheni-nature-reserve https://sanidirectory.co.za/lotheni
Kategorie:Drakensberge Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal