Die Lady Duncan-trofee was ‘n wisselbeker wat jaarliks toegeken is vir die mooiste en besversorgde tuin by ‘n stasie of spoorweghalte van die Suid-Afrikaanse Spoorweë.
Toekenning Die kompetisie het in die 1940’s begin en die eerste toekenning is in 1942 gemaak aan die stasiemeester van Glencoe. Kemptonpark was in 1943, Graspan in 1973 en Putsonderwater in 1988 die ontvangers. In groener dele van die land was Knysna, George, Groot-Brakrivier en Wildernis dikwels die wenners. Kleiner en afgeleë dorpe en veral hul stasiemeesters het deur die ontvangs van die ereteken prestige en publisiteit ontvang.
Wildernis Die jaar 1968 was ‘n tydperk van droogte in die Tuinroete. Stasiemeester J. Jonker van Wildernis was bekommerd oor sy tuin wat al dikwels in die voorafgaande jare die trofee verower het. Om sy tuin op die juiste standaard te kry en hou, het hy ‘n tenkwa met 20 000 liter water van Mosselbaai laat kom. Met ‘n gieter het hy al die plante natgegoooi.
Naam Lady Duncan, gebore Alice Dora Amanda Dold (*Kokstad, 15 Mei 1953 - †12 April 1948) was die leidster van verskeie vroue- en maatskaplike organisasies en die vrou van Patrick Duncan.
Bibliografie https://atom.drisa.co.za/index.php/glencoe-january-1943-lady-duncan-trophy-for-station-garden-4?sf_culture=en https://www.dailymaverick.co.za/article/2022-08-24-legends-of-a-grand-old-railway-station-in-the-karoo-putsonderwater-ghost-station/ https://www2.lib.uct.ac.za/mss/existing/Finding%20Aids/BC%20294%20Sir%20Patrick%20Duncan%20Papers.htm
Kategorie: Spoorvervoer in Suid-Afrika