Die Koichabpan is ‘n droë vlak opvanggebied in die suidweste van Namibië.

Ligging Hierdie laagte in die Namibwoestyn is by 26° 12′ 33″ suid, 15° 38′ 18″ oos, noord van ‘n duinereeks en 533 m bo seespieël. Dit is ’n 100 km noordoos van Lüderitz en noordwes van Aus en maak deel uit van die Namib-Naukluft Nasionale Park.

Pan Hierdie laagte is langwerpig van noordoos na suidwes, het meestal darem ‘n bietjie water en word soms gevoed deur die nie-standhoudende Koichabrivier. Hierdie is ‘n duinepan wat deur stormwater gevoed word. Die water word nie vir besproeiingdoeleindes benut nie. Lüderitz kry egter wel drinkwater uit hierdie bron.

Lees ook Namib-wildeperde

Bibliografie https://iol.co.za/travel/2009-02-23-all-is-dust-in-the-wind/ https://www.mindat.org/feature-3356044.html https://wikimapia.org/35080355/Koichab-Depression

Kategorie:Landvorme van Namibië Kategorie:Namibië