Die Nepgenpas (ook bekend as die Barkersnekpas en die Waschbankpas) in die Oos-Kaap is op die R396-grondpad tussen Indwe en Rossouw. Dit is ongeveer 15 km noordoos van Indwe. Met sy lengte van 4.9 km bereik die pas ‘n hoogte 1786 m bo seespieël en ‘n maksimum helling van 1:6. In die winter is die pas weens sneeu en ys dikwels onbegaanbaar. Die pas volg vir ‘n groot deel die loop van die Wasbankspruit en is suid van die Killianspas op dieselfde pad.

Hierdie pas moet nie verwar word met die Wasbankpas in die Wes-Kaap nie.

Bibliografie https://www.mountainpassessouthafrica.co.za/tags/nepgen-pass.html

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika