Limeum viscosum, een van die klosaarbossies, is 'n eenjarige of kortlewende kruidagtige, tweekotiele plantspesie wat deel van die Limeaceae familie is. Dit is inheems aan groot dele van tropiese en suidelike Afrika.
Groeiwyse 'n Platlêende of regop kruid wat tot 60 cm lank of hoog word. Die blare is alternatief gerangskik, met taai en klieragtige oppervlaktes. Die blare wissel in vorm van ovaal tot smal lansvormig, afhangend van die spesifieke variëteit. Die klein, wit blomme word in trosse gedra.
Habitat en verspreiding Hulle groei dikwels in sandgrond van mopanieveld, oop bosveld of Karoogebiede, maar is ook pionierplante op versteurde plekke langs paaie.
Die spesie is inheems aan Angola, Botswana, Burkina Faso, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Lesotho, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes voor.
Infraspesies Die spesie het agt infraspesies: Limeum viscosum var. dubium Friedrich Limeum viscosum var. glomeratum (Eckl. & Zeyh.) Friedrich Limeum viscosum var. kenyense Friedrich Limeum viscosum var. kraussii Friedrich Limeum viscosum var. macrocarpum Friedrich Limeum viscosum subsp. nummulifolium (H.Walter) Friedrich Limeum viscosum subsp. transvaalense Friedrich Limeum viscosum subsp. viscosum
Galery
Bronnelys Plants of the World
viscosum Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Suid-Soedan Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe