Die Koeberg is ‘n geskiedkundige area in die Wes-Kaap wat bekend geword het weens die kernkragsentrale wat daar teen die see lê.
Ligging Koeberg is heuwels noord van die Tygerberg. Die grens van die oorspronklike gebied Koeberg is Durbanville, Potsdam, Killarney, Philadelphia, Klipheuwel en die see. Die Dieprivier (Swartland) loop deur die gebied. Soos die stad noordweswaarts uitbrei, neem al meer woongebiede en nywerheidsterreine die plek van die eertydse graanlande en suiwelboerdery in.
Geskiedenis Die streek het sy naam te danke aan die seekoeie wat voorheen in die Dieprivier geleef het. In 1685 is die eerste plaas in die Koeberg deur die VOC toegeken. Dit was die plaas Vissershok waar die VOC-amptenaar Hendrik Visser gaan woon het. Die Van Niekerks het hulle in 1702 op Bloemendal gevestig. Onder verskeie ander ou plaasname wat in die kontrei behoue gebly het, is die bekendstes Diemersdal, Fisantekraal, Maastricht, Meerendal, Contermanskloof en Eversdal.
Bibliografie Green, Lawrence G.: Beyond the City Lights. The Story of the Western Province – the Towns and the Farms, the Life and the People, the Folklore and the Legends. Kaapstad: Howard Timmins, 1957
Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Kaapstad