Lotononis racemiflora is 'n eenjarige plant wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by Bokwater, wes van Clanwilliam, voor. Die spesie is laas in 1948 gesien en omrede sy habitat grootliks deur die verbouing van sitrus en rooibos-tee oorgeneem is, word dit as moontlik uitgestorwe beskou.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
racemiflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika