Klaziena (Ina) Boudier-Bakker (15 April 1875, Amsterdam – 26 Desember 1966, Utrecht) was 'n Nederlandse skryfster van romans. Haar vernaamste werke is Armoede uit 1909 en De klop op de deur uit 1930.

Lewensloop Klaziena Bakker was die oudste kind van Frederik Bakker en Aleida Emilia Holm. Haar ouers was welgesteld, en sy word groot in 'n gegoede milieu te Amsterdam. Twee jonger broertjies is op 'n jong leeftyd oorlede. Op laerskool raak sy bevriend met die latere kunstenares Cornelia Scheltema Beduin (1876-1938), wat haar hartsvriendin sou bly. Sy het die HBS voor Meisjes op de Keizersgracht (Meisies Hoërskool aan die Keizersgracht) in Amsterdam bygewoon, en daarna verwerf sy die Acte voor Lager Onderwijs (Onderwyssertifikaat vir Primêre Onderwys). Op haar vader se versoek begin sy Nederlands te studeer, wat sy na 'n jaar staak. Sy het ook sanglesse geneem en, op 'n ietwat latere ouderdom, 'n musiekdiploma in sang verwerf. Na haar vader se dood het sy haar in 1897 aan haar skryfwerk begin wy.Ina Boudier-Bakker – biografie, op artia.nl, 25 Januarie, 2019. Geargiveer op 23 Maart 2023.

duimnael|links|Die troufoto van Ina Boudier-Bakker en Henry Boudier In 1902 tree Ina Bakker op haar 27ste verjaarsdag met Henry Boudier in die huwelik. Hy was direkteur van die PTT (die Staatsbedrijf der Posterijen, Telegrafie en Telefonie [tot 1928 bekend as die Staatsbedrijf der Posterijen en Telegrafie]). Vanweë die aard van sy werk verhuis hulle reëlmatig; so woon hulle in Utrecht, Vianen, Aerdenhout en Groningen. In 1929 keer hulle weer terug na Utrecht.

In 1902 skryf sy haar debuutwerk, die novelle Machten, maar sy verower egter haar plek tussen die vooraanstaande Nederlandse outeurs met haar roman Armoede, wat sy tussen die jare 1907 en 1909 in Utrecht skryf. Daar skryf sy ook in 1930 haar bekendste boek, De klop op de deur, wat in 1970 verwerk word vir televisie (die gelyknamige televisiereeks van 1970-1971). Tydens die Tweede Wêreldoorlog lê sy elke daad van terreur vas in verse, wat sy net na die oorlog voordra in die Pieterskerk in Utrecht.

Na die oorlog word haar lewe oorheers deur die siektetoestande van haar man en haarself, en sy uiteindelike afsterwe in 1952. Desondanks skryf sy nog 'n aantal werke, waaronder Finale (1957), wat 'n groot sukses was. Ina se oeuvre word in 1963 bekroon met die Tollensprijs.

duimnael|links|'n Gedenkplaat met die portret en profiel van Ina Boudier-Bakker, Voorstraat 16, Vianen. Opskrif: Hier woonde Ina Boudier-Bakker van 1917 - 1922. Geplaatst t.g.v. de 100e geboortedag 15 april 1975 van Ina Boudier-Bakker, zij woonde vijf jaar op deze plaats. Kunstenaar: J.M. Dielissen Enkele jare voor haar dood vernoem die munisipaliteit van Utrecht 'n straat na haar. Ina Boudier-Bakkerlaan is tans veral bekend vanweë die gelyknamige studentewoonstelkompleks (die IBB). Die Hogeschool voor de Kunsten Utrecht is ook geleë aan Ina Boudier-Bakkerlaan, wat plaaslik bekend staan as die IBB. Ook Zutphen en Goes beskik oor 'n Ina Boudier-Bakkerlaan.

Werk Indien haar omvangryke oeuvre binne 'n beweging of stroming ingedeel sou moes word, sou dit sekerlik die oneerbiedige etiket van "sitkamerrealisme" of "damesroman" ontvang. Laasgenoemde karakterisering is deur die kritikus Menno ter Braak bekendgestel vir boeke wat tydens die skemerjare van naturalisme gepubliseer is, en tipies deur vroulike outeurs geskryf is. In hierdie boeke is die mees uitgesproke naturalistiese kenmerke so afgewater dat wat oorbly 'n oor die algemeen maklik-leesbare, realistiese verhaal oor die hoogte- en laagtepunte van 'n gesin is. Baie aandag is gegee aan uitgebreide gedetailleerde beskrywings en sielkundige afwykings. Gegewe haar bynaam "Koningin van die Nederlandse damesroman", was Ina Boudier-Bakker 'n soort meesteres op hierdie gebied.

Alhoewel sy wyd gelees was, het kritici nie altyd die publiek se waardering gedeel nie. Dit was veral die geval na die Eerste Wêreldoorlog, en was in pas met die afname in die reputasie van vroueromans. Die Forum-groep het veral heftig gereageer op "huiskamerromans", waarvan Boudier-Bakker se werk 'n voorbeeld is. Oor De klop op de deur verskyn byvoorbeeld in 1934 in die Mei-nommer van De Gemeenschap in die satiriese rubriek "Hagel" -as grap te midde van ander boektitelgrappe- die sogenaamde "zeer korte recensie" (wat dit egter nie was nie!): "Niet open doen!", bygedra deur 'n sekere 'V.D.E." (vrywel seker die Amsterdamse drukker en kultuurman Herman van den Eerenbeemt).https://archief.amsterdam/inventarissen/overzicht/30600.nl.html. Geargiveer op 21 Junie 2018.Niels Bokhove, "Waar komt 'Niet opendoen!' vandaan? De mythe rond Ina Boudier-Bakkers De klop op de deur", De Utrechtse Boekhouder 6 (2016) 2, p. 29. Helaas is die teks in "De Gemeenschap" vanweë outeursreg nie beskikbaar nie in DBNL. Geargiveer op 24 Mei 2023. Menno ter Braak het homself sterk gedistansieer van "de gemoedelijke huiskamer van de psychologische roman". Boonop het hy Ina Boudier-Bakker se reputasie aangeval deur haar in 1935 op subtiele wyse van plagiaat te beskuldig in haar roman "Vrouw Jacob", maar haar onbesonne reaksie hierop het sake vir haarself net vererger. De klop op de deur het egter onverminderd gewild gebly by die publiek. Dit blyk nie net uit die voorgenoemde Nederlandse televisiereeks nie, maar ook uit talle herdrukke daarvan in die 21ste eeu.

Waardering vir haar werk in die moderne tyd is uiteenlopend van aard. Haar novelle De Straat het onder andere sy reputasie behou. Herdrukke van Armoede en Finale aan die begin van de 21ste eeu is deur sommige geprys.https://resources.huygens.knaw.nl/vrouwenlexicon/lemmata/data/Bakker. Geargiveer op 27 Januarie 2023. 'n Hedendaagse literatuurhistorikus kwalifiseer dit egter as "ewe oorvloedig as eenvormig".De romans van Ina Boudier-Bakker, Reformatorisch Dagblad (2 Januarie 1992)

In 2013 het dit bekend geword dat die oorlogsdagboek van Ina Boudier-Bakker, wat in 1975 onder die titel Met de tanden op elkaar die lig gesien het, vervalsings bevat. Die persoon wat die dagboek laat uitgee het, Hans Edinga (skuilnaam vir Hans Heidstra), het na eie goeddunke sinne bygevoeg of verwyder. Die persoon wat die vervalsings aan die lig gebring het, is die historikus Rémon van Gemeren. Hy het die inleiding tot die nuwe uitgawe van die oorlogsdagboek geskryf, wat die titel Zo doods en stil en donker gekry het.Jim Terlingen, "Nieuws (uit 2013)" Nieuws030 (14 Augustus 2019). Geargiveer op 22 April 2023.

Werke uit haar pen duimnael|Ina Boudier-Bakker (deur Isaac Israëls) "Najaar", Nederland (1899) Junie (debuutwerk) "Avond", Van eigen bodem (byblad van Elseviers Geïllustreerd Maandschrift) (1899) Aug. Oom Sam's misrekening (Onder die skuilnaam I. B.) (reeks Voor den coupé) (Bruna, 1899) Van Amsterdam naar Londen. (onder die skuilnaam I. B.) (reeks Voor den coupé) (Bruna, 1900) (Digitale weergawe) Machten (novelle) (1902). Bevat: 1. De fabriek. 2. Angst. 3. Jetje. 4. Het allerhoogste. 5. Moeder (Digitale weergawe) Het beloofde land (roman) (1903) (Digitale weergawe) Verleden. Drama in 3 bedrijven (1903) (Digitale weergawe Wat komen zal] (roman) (1904) (Digitale weergawe) In groot letters gedruk (1984) Kinderen (novelle, onder andere "Inkt" en "Pa's kinderen") (1905) (Digitale weergawe) Grenzen (roman) (1907) (Digitale weergawe) Zorgen (novellen) (1907) (Digitale weergawe) Het hoogste recht. Tooneelspel in 4 bedrijven (1907) (Digitale weergawe) Armoede (familieroman) (1909) (Digitale weergawe) 1: Keizersgracht. In groot letters gedruk (1984) 2: Hogher-Heyden. In groot letters gedruk (1984) 3: Einde en nieuw begin. In groot letters gedruk (1984) Een dorre plant (1909, herdr. 2002) (Digitale weergawe) Bloesem (novelle) (1912) (Digitale weergawe) Novellen voor de jeugd (1913) De ongeweten dingen (novelle) (1915). Bevat: Hagar; De andere weg; Een pleit; Eerste avontuur; Slachtoffer; Een leugen (Digitale weergawe) Het spiegeltje (roman) (1917) (Digitale weergawe) Aan den overkant (roman) (1920) (Digitale weergawe) De moderne vrouw en haar tekort (brosjure) (1921) (Digitale weergawe) In de engte (novelle) (1922). Bevat: Parasiet. Een vriendschap. Uitdag. Het bezit. De moeder (Digitale weergawe) Blijde geboorte. Een bundel Kerstvertellingen (1923) (Digitale weergawe) De straat (roman) (1924, herdr. 2000) (Digitale weergawe) In groot letters gedruk (1976) De moeders (novelle) (1925) (Digitale weergawe) Dans (novelle) (1926) (Digitale weergawe) Springvloed. Tooneelspel in drie bedrijven met een voorspel (1926) (Digitale weergawe) Twee voeten (roman) (1928) (Digitale weergawe) Tooverlantaarn (novellen) (1928/29) (Digitale weergawe) De klop op de deur. Amsterdamsche familieroman (1930) (Digitale weergawe) De wekker (ca. 1930) (Digitale weergawe) De verschijningen der menschenziel in het sprookje (1932) (Digitale weergawe) Het kind in den strijd met leugen en vrees (1932) Saraï (1933) Vrouw Jacob (roman) (1935) (Digitale weergawe) Paul (1936) (Digitale weergawe) Ester. Toneelspel in vijf bedrijven (1938) (Digitale weergawe) Aan den grooten weg (1939) (Digitale weergawe) Bloei. Een boek voor meisjes. Proza en poëzie van Ina Boudier-Bakker ... et al. (193?) (Digitale weergawe) Dierentuin (1941) (Digitale weergawe) Geeft Acht!. Oorlogsverzen uit de jaren 1940-45 (1945) (Digitale weergawe) Goud uit stro. Amsterdamse gezinsroman uit de jaren 1830-31 (1950) Heiligdom van 't hart (1951). Bevat: Aan den overkant (1920); Twee voeten (1928); De moeders (1925); Paul (1937) De wekker (1952). Bevat: Als de hoge vloed komt. Riket. Blauwbaard Vier grote Oranjes. Een karakterschets (1954) Kleine kruisvaart (1954) Altijd elders (1956) Finale (1957, herdr. 2001) In groot letters gedruk (1971) Een vriendschap (1957) De eeuwige andere (1959) Momenten (1961) Honger (1962) Boeket uit het werk van Ina Boudier-Bakker (bloemlesing) (1965). Bevat: Het spiegeltje. 1917; De oudste. 1905; Aan de overkant. 1920; Hagar. 1915; De straat. 1924; Kleine kruisvaart. 1954 Uit de kartonnen doos (1967). Bevat: 1. Zijn principe. 2. Najaar. 3. Avond. 4. Ouderdom. 5. Zondag. 6. Binnenhuisje. 7. De Berendsen. 8. Kerstspel. 9. Zijn glorie. 10. Toverlantaarn. 11. Marietje. 12. Het bedrog. 13. Het handschoentje. 14. Van Amsterdam naar Londen Met de tanden op elkaar. Dagboeknotities '40-'45, samesteller Hans Edinga (1975) ; nuwe uitgawe: Zo doods en stil en donker. Oorlogsdagboek 1940-1945, samesteller Rémon van Gemeren (2013) Ontmoeting - verhalen, gekozen door Gé Vaartjes (2016)

Vertalings In een Oosterschen rozentuin]. Deventer: Kluwer, 1932. Vertaling van: In an Eastern rosegarden deur Hazrat Inayat Khan (Digitale weergawe) Andersen. Baarn: Hollandia, 1940. Vertaling deur die skryfster uit die deur Andersen self versorgde Duitse uitgawe van sy werke

Literatuur oor Boudier-Bakker en haar werk Roza de Guchtenaere. Over Ina Boudier Bakker's De moderne vrouw en haar tekort. Amsterdam: L.J. Veen, 1926 Johan Tersteeg. Ina Boudier-Bakker, 1875-1950. Amsterdam: P.N. van Kampen en Zoon, 1950. Uitgegee ten tyde van die 75ste verjaardag van Ina Boudier-Bakker Ina Boudier-Bakker tachtig jaar. Een album amicorum. Amsterdam: P.N. van Kampen en Zoon, 1955 J.E.A. Kiers. Ina Boudier-Bakker. Amsterdam: Stichting IVIO, 1967 Botha, Elize, By die dood van Ina Boudier-Bakker, in Nienaber, C.J.M., Dames XVII - vertellinge van vroue, versamel deur C. J. M. Nienaber 1969 Human & Rousseau Uitgewers

Bronnelys J.H. Rössing. Ina Boudier-Bakker. Amsterdam: L.J. Veen, 1904 P.H. Ritter jnr., Het huis eener kunstenares. Amsterdam: Querido, 1926. P.H. Ritter jr., De vertelster weerspiegeld. Leven en werken van Ina Boudier-Bakker. Amsterdam: Ned. Keurboekerij, 1931. Hans Edinga, Tien huizen, duizend levens. Het leven van Ina Boudier-Bakker. Amsterdam: Van Kampen, 1969. Gé Vaartjes, "Een literaire rel uit 1935. Ina Boudier-Bakker en 'Vrouw Jacob'", Literatuur 2 (1985) 1 (Jan.-Feb.), pp. 35-42.

Verwysings

Eksterne skakels