Rifampisien of rifampien is 'n antibiotikum wat geïsoleer is uit die bakterie Amycolatopsis rifamycinica. Rifampisien bind aan die beta-subeenheid van RNS-polymerase in bakterieë en verhoed so die transkripsie van ribonukleïnesuur. Rifampisien word gebruik vir die behandeling van mukobakteriële infeksies soos tuberkulose en melaatsheid en Metisilien-weerstandige Staphylococcus (MRSA).
Kategorie:Antibiotika