Melaatsheid (leprose) is 'n aansteeklike siekte wat deur die bakterieë, Mycobacterium leprae en Mycobacterium lepromatosis veroorsaak word. Melaatsheid val die perifere senuwee en die slymvliese van die boonste lugweg aan en kom as velletsels voor. Die twee vernaamste variasies van die siekte is Tuberkuloïde leprose en Lepromateuse leprose waarvan laasgenoemde die ernstigste is. Die siekte word nie, soos algemeen geglo word, met die spontane verlies van ledemate geassosieer nie. Ledemate word wel deur die siekte vermink en mag dalk geamputeer word as gevolg van die simptome van die siekte.
duimnael|links|Skedel deur melaatsheid vervorm duimnael|links|Voete vervorm deur melaatsheid Die sosiale stigma wat aan melaatsheid kleef, het in die verlede tot die ontstaan van melaatse kolonies gelei.
Melaatsheid word deur mense versprei en kan deur hoes of kontak met druppeltjies van die neus van 'n geïnfekteerde persoon plaasvind."Hansen's Disease (Leprosy) Transmission". cdc.gov. April 29, 2013. Retrieved 28 February 2015. Die siekte kom meer algemeen voor onder mense wat in armoede leef en word vermoedelik deur respiratoriese druppeltjies oorgedra.Suzuki K, Akama T, Kawashima A, Yoshihara A, Yotsu RR, Ishii N (February 2012). "Current status of leprosy: epidemiology, basic science and clinical perspectives.". The Journal of dermatology 39 (2): 121–9. doi:10.1111/j.1346-8138.2011.01370.x. . Anders as wat geglo word, is dit nie baie aansteeklik nie.
Die mensdom word al vir duisende jare deur melaatsheid geaffekteer. Die siekte se naam is van die Latynse woord lepra afgelei wat "skubberig" beteken. In lande soos Indië,Walsh F (2007-03-31). "The hidden suffering of India's lepers". BBC News. China,Lyn TE (2006-09-13). "Ignorance breeds leper colonies in China". Independat News & Media. Retrieved 2010-01-31. en AfrikaByrne, Joseph P. (2008). Encyclopedia of pestilence, pandemics, and plagues. Westport, Conn.[u.a.]: Greenwood Press. p. 351. . word mense steeds afgesonder deur hulle in melaatse kolonies te plaas. Die meeste kolonies is egter gesluit aangesien melaatsheid nie baie aansteeklik is nie. Die sosiale stigma wat aan melaatsheid kleef, staan steeds in die pad van selfrapportering en vroeë behandeling."Leprosy Fact sheet N°101". World Health Organization. Jan 2014. Sommige mense beskou die woord melaats as beledigend en verkies die frase "persone wat deur melaatsheid geaffekteer word".editors, Enrico Nunzi, Cesare Massone, (2012). Leprosy a practical guide. Milan: Springer. p. 326. . Wêreldmelaatsheiddag is in 1954 ingestel om bewustheid vir melaatsheid te skep.McMenamin, Dorothy (2011). Leprosy and stigma in the South Pacific : a region-by-region history with first person accounts. Jefferson, N.C.: McFarland. p. 17. .
Tekens en simptome duimnael|400px|Wêreldwye verspreiding van melaatsheid in 2003 duimnael|400px|Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir melaatsheid per 100 000 inwoners in 2004: Letsels (ligte of donker vlekke) is die primêre eksterne teken,Kenneth J. Ryan, C. George Ray, editors. (2004). Ryan KJ, Ray CG, ed. Sherris Medical Microbiology (4th ed.). McGraw Hill. pp. 451–3. . OCLC 61405904. en indien onbehandel gelaat, kan melaatsheid ontwikkel en permanente skade aan die vel, senuwees, ledemate en oë aanrig. in teenstelling met volksoorleweringe veroorsaak melaatsheid nie dat liggaamsdele afval nie. Sekondêre infeksies kan egter daartoe lei dat ledemate hulle gevoel verloor of besmet word aangesien die liggaam se weerstand deur die primêre siekte verswak is."Lifting the stigma of leprosy: a new vaccine offers hope against an ancient disease". Time 119 (19): 87. May 1982. .Kulkarni GS (2008). Textbook of Orthopedics and Trauma (2 ed.). Jaypee Brothers Publishers. p. 779. . Sekondêre infeksies kan dan tot weefselverlies lei wat veroorsaak dat vingers en tone verkort en misvormd raak, aangesien kraakbeen in die liggaam opgeneem word."Q and A about leprosy". American Leprosy Missions. Retrieved 2011-01-22. "Do fingers and toes fall off when someone gets leprosy? No. The bacillus attacks nerve endings and destroys the body's ability to feel pain and injury. Without feeling pain, people injure themselves on fire, thorns, rocks, even hot coffee cups. Injuries become infected and result in tissue loss. Fingers and toes become shortened and deformed as the cartilage is absorbed into the body."
Risikofaktore Die grootste risiko vir die ontwikkeling van melaatsheid is kontak met 'n ander geval van melaatsheid. Kontakte van mense met melaatsheid is 5 tot 8 keer meer geneig om melaatsheid op te doen as lede van die algemene bevolking.Schreuder, P.A.M.; Noto, S.; Richardus J.H. (Januarie 2016). "Epidemiologic trends of leprosy for the 21st century". Clinics in Dermatology 34 (1): 24–31. doi:10.1016/j.clindermatol.2015.11.001. . Toestande wat immuniteit verswak, soos wanvoeding, ander siektes of genetiese verskille kan die risiko van melaatsheid verhoog. Desnieteenstaande blyk dit nie dat besmetting met MIV die risiko verhoog nie.Lockwood DN, Lambert SM (January 2011). "Human immunodeficiency virus and leprosy: an update.". Dermatologic clinics 29 (1): 125–8. doi:10.1016/j.det.2010.08.016. .
Oordrag Die oordrag van melaatsheid geskied tydens naby kontak met persone wat geïnfekteer is."Leprosy". WHO. 2009-08-01. Retrieved 2010-01-31. Oordrag vind vermoedelik deur nasale druppeltjies plaas.Rodrigues LC, Lockwood DNj (June 2011). "Leprosy now: epidemiology, progress, challenges, and research gaps.". The Lancet infectious diseases 11 (6): 464–70. doi:10.1016/S1473-3099(11)70006-8. .
Dit is bekend dat melaatsheid nie seksueel oordraagbaar of hoogs aansteeklik is nie. Na selfs twee weke se behandeling is mense nie meer aansteeklik nie."Functional Haplotypes That Produce Normal Ficolin-2 Levels Protect against Clinical Leprosy". Oxford Journals. Retrieved March 8, 2014.
Melaatsheid kan ook deur armadille aan mense oorgedra wordTruman RW, Singh P, Sharma R, Busso P, Rougemont J, Paniz-Mondolfi A, Kapopoulou A, Brisse S, Scollard DM, Gillis TP, Cole ST (April 2011). "Probable Zoonotic Leprosy in the Southern United States". The New England Journal of Medicine (Massachusetts Medical Society) 364 (17): 1626–1633. doi:10.1056/NEJMoa1010536. PMC 3138484. . en kan by drie niemenslike primaatspesies teenwoordig wees.Rojas-Espinosa O, Løvik M (2001). "Mycobacterium leprae and Mycobacterium lepraemurium infections in domestic and wild animals". Rev. - Off. Int. Epizoot. 20 (1): 219–51. .
Twee uitgangroetes van M. leprae uit die menslike liggaam is die vel en nasale mukus, maar die relatiewe belangrikheid daarvan is nie duidelik nie.
Die vel en die boonste lugweg is die mees waarskynlike toegangsroetes. Ouer navorsing het veral op die velroete gekonsentreer, maar onlangse navorsing fokus op die respiratoriese roete.
Diagnose Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word diagnoses op een van die volgende tekens gebaseer in streke waar mense dikwels geïnfekteer is: Letsels wat met melaatsheid en sensoriese verlies geassosieer word Positiewe velsmere 'n Persoon kan een of meer letsels hê. Letsels is gewoonlik hipo-gepigmenteerd, maar kan ook rooierig of koperkleurig wees. Die letsels kan plat, opgehewe of knopperig wees. Sensoriese verlies by die letsels is belangrik, aangesien hierdie kenmerk kan help om dit van ander oorsake van velsere soos tinea versicolor te onderskei. Verdikte senuwees word met melaatsheid geassosieer en kan deur verlies aan gevoel en spierswakte vergesel word. Sonder die kenmerkende letsels en sensoriese verlies word spierswakheid egter nie as 'n betroubare teken van melaatsheid beskou nie.
Positiewe velsmere: in sommige gevalle word suurvaste leprose basille as diagnosties beskou; die diagnose is egter klinies."Diagnosis of Leprosy." WHO. from http://www.who.int/lep/diagnosis/en/ Besoek op 14 Julie 2014.
In streke waar die siekte seldsaam is, soos die VSA, word die siekte dikwels eers laat gediagnoseer, want gesondheidsorgverskaffers is onbewus van melaatsheid en sy simptome. Vroeë diagnose en behandeling voorkom senuweebetrokkenheid, die kenteken van melaatsheid, sowel as die gebreke wat daardeur veroorsaak word.U.S. Department of Health and Human Services, Health Resources and Services Administration. (n.d.). National Hansen's disease (leprosy) program. Verkry van http://www.hrsa.gov/hansens/
Die mees algemene simptome is 'n loopneus, droë kopvel, oogprobleme, letsels, spierswakheid, rooierige vel, gladde, blink verspreide verdikking van gesigvel, ore en hande, gevoellose vingers en tone, verdikking van periferiese senuwees en 'n plat neus weens die instorting van nasale kraakbeen. Fonering en resonering van klank vind plaas tydens spraak. Atrofie van die testes en impotensie kom dikwels ook voor.
Voorkoming Vroeë opsporing van die siekte is belangrik aangesien fisieke en neurologiese skade onherstelbaar kan wees, selfs al vind daar genesing plaas. Medikasie verlaag die aansteekrisiko van persone wat saam met 'n pasiënt woon, en waarskynlik ook diegene met wie melaatse persone buite die huis in aanraking kom.Rodrigues LC, Lockwood DNj; Lockwood (June 2011). "Leprosy now: epidemiology, progress, challenges, and research gaps". Lancet Infect Dis 11 (6): 464–70. doi:10.1016/S1473-3099(11)70006-8. . Daar is egter besorgdheid oor weerstand, koste en die bekendmaking van 'n persoon se infeksiestatus wanneer kontakte opgevolg word. Om hierdie rede beveel die WGO aan dat mense wat in dieselfde huis woon, vir melaatsheid ondersoek word en slegs behandeling moet ontvang indien daar simptome is.
Behandeling duimnael|Multimiddelterapie vir die behandeling van melaatsheid Persone met melaatsheid kan met multimiddelterapie behandel en genees word. Tuberkuloïde melaatsheid word vir ses maande met dapsoon en rifampisien behandel. Behandeling van Lepromateuse melaatsheid bestaan uit rifampisien, dapsoon en clofasimien vir 12 maande. Hierdie behandelings word gratis deur die Wêreldgesondheidsorganisasie uitgereik. 'n Aantal ander antibiotikas kan ook gebruik word. Die hoeveelheid chroniese gevalle van melaatsheid het in 2012 wêreldwyd met 189 000 gedaal van ongeveer 5,2 miljoen in die 1980's."Global leprosy situation, 2012". Wkly. Epidemiol. Rec. 87 (34): 317–28. August 2012. . Die aantal nuwe gevalle was 230 000. Die meeste nuwe gevalle kom in 16 lande voor, waarvan meer as die helfte in Indië aangetref word. Die afgelope 20 jaar is 16 miljoen mense wêreldwyd van melaatsheid genees. Ongeveer 200 gevalle word jaarliks in die VSA aangemeld."Hansen's Disease Data & Statistics". Health Resources and Services Administration. Besoek op 12 Januarie 2015.
Samelewing en kultuur Historiese tekste duimnael|Middeleeuse melaatsheidsklok Aangetekende gevalle van melaatsheid dateer uit die jare voor Christus. Verskeie velsiektes wat as melaatsheid geïnterpreteer is, verskyn in 'n antieke Indiese teks, die Athavar Veda wat uit 2000 v.C. dateer. 'n Ander Indiese teks, die Wette van Manu (1500 v.C.), het kontak met geïnfekteerde persone verbied en 'n huwelik met 'n melaatse persoon was strafbaar.Jacob, Jesse; Franco-Paredes (2008). "The stigmatization of leprosy in India and its impact on future approaches to elimination and control". PLoS Neglected Tropical Diseases. doi:10.1371/journal.pntd.0000113.
Die Bybelse persepsie dat mense met melaatsheid onrein was, word moontlik met 'n gedeelte uit Levitikus 13:44-46 geassosieer. Volgens Judeo-Christelike oortuigings was melaatsheid 'n morele siekte en die Vroeë Christene het geglo dat persone met melaatsheid deur God vir hulle sondes gestraf is. Morele assosiasies het regdeur die eeue voortgeduur. Pous Gregorius die Grote (540-604) en Isidor van Seville (560-636) het mense moet die siekte as ketters beskou.Covey, Herbert (2001). "People with leprosy (Hansen's disease) during the Middle Ages". The Social Science Journal.
Middeleeue