duimnael|Knut tydens sy eerste vertoning aan die publiek op 24 Maart 2007.

Knut (5 Desember 2006 – 19 Maart 2011) was 'n ysbeer in die Berlynse Dieretuin (Zoologischer Garten Berlin) wat deur sy moeder, Tosca, verwerp is. Sy tweelingbroer het twee dae ná geboorte gesterf.

Die ysbeer is deur sy versorger Thomas Dörflein (1963–2008) grootgemaak. Daar is aanvanklik berig dat diereaktiviste die dier eerder wou laat uitsit, omdat hulle gemeen het dat Knut later versteurde, asosiale gedrag sou toon omdat hy nie binne 'n groep ysbere grootgemaak is nie. Dit is egter nie bevestig nie, en diereaktiviste het later verklaar dat die berigte op misverstande berus het.

Video's

Verwysings

Eksterne skakels

Knut se webwerf

Kategorie:Bere Kategorie:Berlyn Kategorie:Geboortes in 2006 Kategorie:Sterftes in 2011