Demetria Devonne Lovato (gebore 20 Augustus 1992) is 'n Amerikaanse aktrise en sangeres-liedjieskryfster. Sy is die bekendste vir haar rolle as Mitchie Torres in die Disney-kanaal Oorspronklike Rolprent Camp Rock en Sonny Monroe in Sonny With A Chance. Buiten rolspel is sy ook 'n solomusiekkunstenaar en het sy haar debuutalbum Don't Forget op 23 September 2008 vrygestel. Die album het by nommertwee op die Billboard-200-trefferlys gedebuteer en het meer as 89 000 kopieë in die eerste week verkoop. Lovato het haar tweede album, Here We Go Again, op 21 Julie 2009 vrygestel.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse filantrope Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse akteurs van die 21ste eeu