Huntington se siekte is ook bekend as Huntington se chorea of chorea major, word veroorsaak deur 'n dominante genetiese mutasie wat neurodegeneratiewe siektes veroorsaak.
Geskiedenis en navorsing Die eerste waarskynlike beskrywing van die siekte was in 1841 deur Charles Oscar Waters. Die toestand is in 1872 deur dokter George Huntington verder beskryf, na wie dit genoem word.
Simptome Die vroegste simptome is dikwels subtiele probleme met gemoedstoestand of kognitiewe vermoëns.Dan volg dikwels 'n algemene gebrek aan koördinasie en 'n onstabiele manier van loop. Soos die siekte vorder word ongekoördineerde liggaamsbewegings meer duidelik. Fisiese vermoëns word geleidelik vererger totdat gekoördineerde beweging moeilik word en die persoon nie kan praat nie.
Verstandelike vermoëns verval gewoonlik in demensie. Die spesifieke simptome wissel ietwat tussen mense. Simptome begin gewoonlik tussen 30 en 50 jaar, maar kan op enige ouderdom begin. Die siekte kan vroeër in elke opeenvolgende generasie ontwikkel. Ongeveer agt persent van die gevalle begin voor die ouderdom van 20 jaar en is gewoonlik teenwoordig met simptome wat soortgelyk is aan Parkinson siekte. Mense met Huntington se siekte het onderskat dikwels die mate van hul probleme.
Oorsaak Huntington se siekte word tipies van 'n persoon se ouers geërf, alhoewel tot 10% van gevalle weens 'n nuwe mutasie kan wees. Die siekte word veroorsaak deur 'n outosomale dominante mutasie in een van die twee kopieë van 'n genaamde gene Huntingtin. Die Huntingtin gene verskaf die genetiese inligting vir 'n proteïen wat ook genoem word "huntingtin". 'n Kind van 'n geaffekteerde persoon gewoonlik 'n 50% kans het om die siekte te kry. Die waarskynlikheid is seks onafhanklik.
Toetse vir die siekte kan enigetyd gedoen word, ongeag of simptome teenwoordig is of nie. Die toetse kan al gedoen word in die baarmoeder en bring verskeie etiese debatte aan: die ouderdom waarop 'n individu volwasse genoeg is om toets te kies; of ouers die reg het om hul kinders te toets; en die bestuur van vertroulikheid en bekendmaking van toetsuitslae.
Behandeling, epidemiologie en prognose Daar is geen genesing nie. Voltydse sorg word benodig in die latere stadiums van die siekte. Behandelings kan sommige simptome verlig en in sommige lewensgehalte verbeter. Dit raak ongeveer 4 tot 15 in 100,000 mense van Europese afkoms. Dit is skaars onder Japanese, terwyl die voorkoms in Afrika onbekend is. 'n Persoonlik is gewoonlik oorlde vyftien tot twintig jaar vanaf wanneer die siekte die eerste keer opgespoor is.
Verwysings
Eksterne skakels HOPES project – Stanford Universiteit se HD-inligtingprojek HDBuzz – HD navorsingsnuus geskryf deur wetenskaplikes in eenvoudige taal HD Drug Works – nuus oor huidige behandelings en beplande proewe
Kategorie:Oorerflike siektes