duimnael|links|Hotel Astoria in Brussel, ontwerp deur Henri van Dievoet in 1909 Henri van Dievoet (Brussel, 19 Januarie 1869 - Brussel, 24 April 1931) was 'n Belgiese argitek.
Hy ontwerp verskeie geboue in sy geboortestad Brussel. Dit sluit in die Hotel Astoria en die geboue van die koninklike militêre skool.
Hy is die broer van die Jugendstil-kunstenaar Gabriel van Dievoet en 'n afstammeling van die beeldhouer Peter van Dievoet.
Sy suster, Louise van Dievoet, het met die Vicomte d'Orthez getrou en hulle afstammelinge woon in Constantia in Suid-Afrika.
Sien ook Hotel Astoria (Brussel) Gabriel van Dievoet Moira Lister Joseph Poelaert
Kategorie:Belgiese argitekte Kategorie:Geboortes in 1869 Kategorie:Sterftes in 1931