duimnael|regs|Strukturele formule van Tetrasiklien Tetrasiklien is 'n breëspektrum antibiotikum wat deur bakterieë in die genus Streptomyces geproduseer word. Tetrasiklien bind aan die 30S-ribosomale subeenheid deur die interaksie met die 16S rRNS. Hiermee verhoed die antibiotika die binding van amino-geassetileerde tRNS aan die ribosoom en gevolglik word proteïensintese in die sel gestop.
Weerstand teen tetrasiklien kan o.a. deur die afskeiding van mono-oksigenase of ribosomale beskermingsproteïne gefasiliteer word.
Kategorie:Antibiotika