duimnael|300px|regs|Menslike glioksalase I. Twee sinkione wat nodig is vir die ensiem om die reaksie te kataliseer (as pers sfere aangetoon), en 'n ensiemremmer genaamd S-heksielglutatioon word uitgebeeld as 'n ruimtevullende model wat die twee aktiewe plekke vul.

Ensieme is groot biologiese molekules, proteïene om spesifiek te wees, wat verantwoordelik is vir die duisende metaboliese prosesse wat lewe onderhou. Hulle is hoogs selektiewe katalisators en versnel beide die tempo en spesifisiteit van metaboliese reaksies, van vertering van voedsel, tot die sintese van DNA. Ensieme het 'n spesifieke driedimensionele struktuur, en mag organiese (bv. biotien) of anorganiese (bv. magnesiumione) kofaktore wees wat help in katalise.

In ensiemreaksies, word die molekules aan die begin van die proses, die sogenaamde substrate, omskep in verskillende molekules, genaamd produkte. Byna al die chemiese reaksies in 'n biologiese sel benodig ensieme om plaas te vind teen 'n tempo voldoende vir lewe. Aangesien ensieme selektief is vir hul substrate, bespoedig dit slegs 'n paar reaksies uit baie moontlikhede. Die soort ensieme wat in 'n sel vervaardig is, bepaal watter metaboliese roetes in die sel sal plaasvind.

Soos alle katalisators, werk ensieme deur die verlaging van die aktiveringsenergie (Ea‡) vir 'n reaksie, waardeur die spoed van die reaksie dramaties verhoog word. As gevolg hiervan word die produkte vinniger gevorm en reaksies bereik hul ewewig vinniger. Die meeste ensiemreaksies is miljoene keer vinniger as dié van vergelykbare nie-gekataliseerde reaksies. Soos met alle katalisators, word ensieme nie deur die reaksies wat hulle kataliseer verteer nie, en hulle verander ook nie die ewewig van hierdie reaksies nie. Ensieme verskil egter van die meeste ander katalisators deurdat hulle hoogs-spesifiek vir hul substrate is.

Dit is reeds bekend dat ensieme meer as 4 000 biochemiese reaksies kataliseer. 'n Paar RNS-molekules het ook die vermoë om reaksies te kataliseer, en staan as ribosieme bekend. 'n Belangrike voorbeeld is die funksionering van sommige dele van die ribosoom.

Sintetiese molekules wat ook kunsmatige ensieme genoem word, verrig insgelyk ensiem-agtige katalise.

Voorbeelde van ensieme Beta-laktamase, heksokinase, fosfatase, protease, sellulase, amilase ens.

Verwysings

Kategorie:Chemiese stowwe Kategorie:Ensieme Kategorie:Biomolekules Kategorie:Metabolisme