Gregor Johann Mendel (20 Julie 1822 - 6 Januarie 1884) was 'n Tsjeggies-Oostenrykse monnik wat in sy vrye tyd geëksperimenteer het met ertjieplante. Gregor Mendel word gereeld die vader van genetika genoem omdat hy met sy ertjie-eksperimente verskeie oorerwingspatrone in die plante opgemerk het wat hy geformuleer het tot die wette van Mendel.

Die standaard skrywerafkorting Mendel word gebruik om Gregor Mendel as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.

Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Kategorie:Oostenrykse wetenskaplikes Kategorie:Botanici Kategorie:Genetici Kategorie:Geboortes in 1822 Kategorie:Sterftes in 1884