Die ghaaisa is ‘n besondere energieke en ritmiese kaalvoetspring- of klopdans in die kultuurlewe van die Khoikhoi.

Een of meer dansers voer dit uit, dikwels na sukses op die jagveld en gewoonlik sonder musiekbegeleiding. ‘n Kenmerk van die volksdans is die klap van die hande op die heupe, boude en dye en die stamp van die voete teen die kuite en hakskene. Die groot uitdaging met die trap is om die voete altyd in dieselfde spoor te laat grondvat, sodat daar deur die hele dans net twee spore gelaat word. Dikwels vind die dansery rondom ‘n vuur plaas. Hierdie dans verskil ritmies heeltemal van die vrugbaarheidsdanse in die kultuur van die ander inheemse volkere van Suider-Afrika.

Lees ook Rieldans

Bibliografie Greeff, Rachelle: Die leefwyse van ons Vroeë Mense. Stellenbosch: Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, 2025. ISBN 978-0-6398747-9-1

Kategorie:Dans Kategorie:Kultuur