Susan Lombaard (gebore 1 Maart 1977 in Oos-Londen) is ’n Suid-Afrikaanse joernalis en mediabestuurder. Sy dien sedert 2011 as uitvoerende hoof van die Afrikaanse digitale nuusplatform Maroela Media, wat onder haar leiding tot die grootste gratis Afrikaanse nuuswebwerf in Suid-Afrika ontwikkel het.MyBroadband, 14 Augustus 2024. “South Africa’s largest online news websites revealed.” https://mybroadband.co.za/news/technology/554995-south-africas-largest-online-news-websites-revealed.html Besoek 9 Maart 2026 Die platform publiseer nuus, menings, leefstyl- en kultuurinhoud in Afrikaans en bedien ’n groot Afrikaanse lesersgemeenskap aanlyn.The Media Online. 17 Januarie 2025. “An unlikely website becomes a hero on matric results night.” https://themediaonline.co.za/2025/01/an-unlikely-website-becomes-a-hero-on-matric-results-night/ Besoek 9 Maart 2026
Vroeë lewe en opleiding Lombaard is in Oos-Londen in die Oos-Kaap gebore en het op ’n plaas buite Ogies in Mpumalanga grootgeword. Sy het haar laerskoolopleiding aan Laerskool Ogies voltooi en later aan Hoërskool Reynopark gematrikuleer.
Sy het aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), vandag deel van die Noordwes-Universiteit (NWU), studeer waar sy ’n BA Honneursgraad in Bedryfskommunikasie cum laude verwerf het. Gedurende haar studies was sy vir drie jaar betrokke by die ATKV-Skryfskool, waar sy as assistent by skryfkursusse en administratiewe werk gehelp het.ATKV. 23 April 2025. “Prof. Hans: ’n onvergeetlike stem in Afrikaans.” https://atkv.org.za/nuus/posts/prof-hans-n-onvergeetlike-stem-in-afrikaans/ Besoek 9 Maart 2026
Loopbaan Lombaard het in 2000 as joernalis by die ATKV se tydskrif Taalgenoot begin werk en is later tot redakteur van die publikasie bevorder. Gedurende haar betrokkenheid by Taalgenoot het die tydskrif twee Gold Quill-toekennings vir korporatiewe publikasies ontvang.
In 2003 is sy aangestel as hoof van bemarking en skakelwese by Centurion Akademie, waar sy onder meer klasse in joernalistiek, kommunikasie en skakelwese aangebied het.
Van 2005 tot 2011 het sy as bemarkingspraktisyn by Medihelp Mediese Skema gewerk. In dié rol was sy onder meer verantwoordelik vir aanlyn bemarking, die bestuur van die skema se webwerf en die redigering van die lidtydskrif élan.
Maroela Media In 2011 het Lombaard die geleentheid gekry om Maroela Media, ’n Afrikaanse digitale nuusplatform binne die Solidariteit Beweging, te help vestig en sedertdien te lei. Die platform is geskep met die doel om ’n Afrikaanse gemeenskap op die internet te bou en nuus en ander inhoud in Afrikaans beskikbaar te stel.Juig!-tydskrif. “Augustus 2016.” https://juig.co.za/issue/augustus-2016/ Besoek 9 Maart 2026
Onder Lombaard se leiding het Maroela Media sedertdien aansienlik uitgebrei en ’n groot Afrikaanse lesersbasis opgebou. Volgens data wat deur die Internet Advertising Bureau South Africa gepubliseer is, is Maroela Media die grootste gratis Afrikaanse nuuswebwerf in Suid-Afrika. Volgens The Media Online het die publikasie se matriekresultateblad in 2025 byna twee miljoen bladsybesoeke op die aand van die uitslae ontvang.The Media Online. 17 Januarie 2025. “An unlikely website becomes a hero on matric results night.” https://themediaonline.co.za/2025/01/an-unlikely-website-becomes-a-hero-on-matric-results-night/#google_vignette Besoek 9 Maart 2026
Verskeie projekte en inisiatiewe wat op die bevordering van Afrikaans gerig is, is deur Maroela Media onder haar leiding van stapel gestuur, waaronder: Weet, ’n digitale naslaangids vir skoolkinders.Weet, https://weet.co.za/ Besoek 9 Maart 2026 Skryfnet, ’n kreatiewe skryfskool wat saam met Akademia ontwikkel is. https://www.skryfnet.co.za/ Besoek 9 Maart 2026 die ontwikkeling van ’n netwerk van Afrikaanse gemeenskapsradiostasies.Weet, “Afrikaanse media.” Weet. https://weet.co.za/skoolwerk/afrikaans/afrikaanse-media/ Besoek 9 Maart 2026 die vervaardiging van radiovervolgverhale.Maroela Media, 12 April 2018. Maroela Media se radiodramas vir gesogte toekenning benoem. https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/maroela-media-se-radiodramas-vir-gesogte-toekenning-benoem/ Besoek 10 Maart 2026 en ander inhoud vir gemeenskapsradios. veldtogte soos "Die Grootste Afrikaner van Alle Tye", eNuus, 29 Oktober 2012. https://www.youtube.com/watch?v=SvSjrXrorSo Besoek 9 Maart 2026 "Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye" en "Die Grootste Afrikaanse Grap van Alle Tye".
Die veldtog "Die Grootste Afrikaner van Alle Tye" is in 2013 met ’n Pendoring-toekenning bekroon.de Vries, Izak en Meyer, Naomi. 25 September 2013. LitNet. “Pendoring-toekenningsgeleentheid 2013.” https://www.litnet.co.za/pendoring-toekenningsgeleentheid-2013/ Besoek 10 Maart 2026
Maroela Media werk ook saam met ’n netwerk van Afrikaanse gemeenskapsradiostasies reg oor Suid-Afrika en help om inhoud en opleiding vir radio-omroepers te ontwikkel.Weet. “Afrikaanse media.” https://weet.co.za/skoolwerk/afrikaans/afrikaanse-media/ Besoek 9 Maart 2026
Een van die projekte wat hieruit voortgespruit het, is Klankgolf, ’n aanlyn opleidingsplatform vir radio-omroepers en mediapersoneel wat in Afrikaans werk.Kyla-Ann du Toit, Solidariteit. Februarie 2026, “Klankgolf: ’n nuwe baadjie vir opleiding in Afrikaanse radiowese.” https://aanlyn.solidariteit.co.za/publieke/artikel/klankgolf-n-nuwe-baadjie-vir-opleiding-in-afrikaanse-radiowese
Maroela Media het ook nuwe digitale inisiatiewe ontwikkel. In 2025 is ’n vesel-internetdiens, Koekoek, in vennootskap met ’n internetdiensverskaffer bekend gestel.MyBroadband. “Afrikaans news website launches fibre ISP with prices from R439 per month.” Volgens berigte word ’n deel van die inkomste uit die diens aangewend om die publikasie se voortgesette bedryf te ondersteun.MyBroadband. “Afrikaans news website launches fibre ISP with prices from R439 per month.”
Ander betrokkenheid Lombaard is betrokke by verskeie projekte en inisiatiewe wat die bevordering van Afrikaans ten doel het. Sy het onder meer op die oorsigkomitee vir die Afrikaans 100-inisiatief gedien. Paarl Post. 8 Mei 2023. “Hou vas – Afrikaans word 100!” https://novanews.co.za/paarlpost/hou-vas-afrikaans-word-100-20230508-2/ Besoek 9 Maart 2026
Sy was ook betrokke by die televisieprojek "Die stories van Afrikaans", ’n dokumentêre reeks wat die geskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans belig. Opperman, A.J. 11 April 2025. “Die stories van Afrikaans vier ryk geskiedenis van ons taal.” Netwerk24. https://www.netwerk24.com/kunste/tv/die-stories-van-afrikaans-vier-ryk-geskiedenis-van-ons-taal-20250411 Besoek 9 Maart 2026
Skryfwerk Lombaard se kreatiewe werk is ook gepubliseer. Haar gedigte sluit in: “Self-isolasie”, opgeneem in die bundel Maskers en Mure (2021), saamgestel deur Daniel Hugo en François de Jongh, uitgegee deur Turksvy Publikasies, Oudtshoorn. “Mekaar”, opgeneem in die bundel Skeppers (2021), saamgestel deur Lizanne Barnard, uitgegee deur Naledi, Kaapstad.
Sy het ook kortverhale gepubliseer op platforms soos LitNet.LitNet. “Ouderdom is ’n sierlike kroon.” https://oulitnet.co.za/fiksie/lombaard.asp Besoek 10 Maart 2026
Toekennings en erkenning Finalis: Most Influential Women in Business and Government (2012)
Verwysings
Eksterne skakels Maroela Media – https://maroelamedia.co.za Weet – https://weet.co.za Skryfnet – https://www.skryfnet.co.za
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Afrikaners