Die Fika-Patsodam is ‘n opgaardam by Witsieshoek (Phuthaditjhaba) in die Vrystaat.

Ligging Die dam in die voetheuwels van die Drakensberge is in die Namahadirivier (‘n boloop van die Elandsrivier en die Wilgerivier) by 28° 40′ 21″ suid en 28° 51′ 24″ oos. Dit is net wes van Mont-aux-Sources en die Royal Natal- Nasionale Park.

Dam Hierdie staatswaterskema is in 1986 voltooi en verskaf water vir huishoudelike en nywerheidsgebruik. Die wal is 300 m lank en 60 m hoog en het ‘n bakmaat van 28 miljoen m³ en dit vorm ‘n meer met ‘n maksimum oppervlakte van 1.32 km². Hengelaars en voetslaners gebruik die dam en omgewing.

Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie https://www.dws.gov.za/Documents/Approved%20Resource%20Management%20Plans/Fika%20Patso%20and%20Metsimatsho%20Dams/Fika%20Patso%20Dam%20RMP.pdf https://rsa.worldorgs.com/catalog/phuthadidja/water-works/fika-patso-dam-wall

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat