Die Vondodam is ‘n besproeiingsdam in die Soutpansberge in Limpopo.
Ligging Hierdie dam in die Mutshindudirivier is by 22° 56′ 45″ suid, 30° 20′ 7″ oos, 46 km noordoos van Louis Trichardt, 18 km wes van Thohoyandou, wes van Sibasa en by die Thathe Vondo-bos en die Tshivhase-teeplantasie. Die Phiphididam en die Nandonidam is in die direkte omgewing.
Ontspanning Op die noordelike oewer is die Tshivhase-natuurreservaat met sy besondere flora en fauna. Voëlkyk, voetslaan op die staproetes en hengel is hier gewild.
Dam Dit is die eiendom van die staat en is in 1985 gebou en in 1994 opgeknap. Met ‘n wal van ongeveer 290 m in lengte en 43 m in hoogte skep dit ‘n bakmaat van 30½ miljoen m³. As dit vol is, is die meer se oppervlakte 2.19 km². Dit het ‘n opvangsgebied van 51 km².
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie https://www.dws.gov.za/hydrology/Weekly/MunDistricts.aspx?dist=DC34 https://www.geotech-sa.co.za/projects/vondo_dam.html https://www.komoot.com/highlight/3424669 https://mindtrip.ai/attraction/thohoyandou-limpopo/thathe-vondo-dam/at-PdZlpPEc
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Limpopo