Die Taungdam is ‘n besproeiingsdam in die Hartsrivier in Noordwes.

Ligging Die dam is by 27° 31′ 30″ suid, 24° 51′ 54″ oos en net noord van die grens tussen die provinsies Noordwes en Noord-Kaap. Dit lê suidwes van Schweizer-Reneke en enkele kilometers oosnoordoos van die dorp Taung.

Dam Dit het ‘n bakmaat van ruim 58 miljoen m³, is eiendom van die staat en die bouwerk daaraan is in 1993 voltooi. Met ‘n walhoogte van 42 m en ‘n wallengte van 255 m vorm dit ‘n meer met ‘n oppervlakte van ongeveer 4½ km². Rondom die dam word na voëls gekyk, piekniek gehou en gestap. In die dam word gehengel.

Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie https://grokipedia.com/page/taung_dam https://www.sa-venues.com/things-to-do/northwest/taung-dam/ Taung: A dam for the people. In: Civil Engineering, Julie 1994. https://journals.co.za/doi/10.10520/AJA10212019_14789

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Noordwes