Die Setumodam is ‘n belangrike opgaardam vir Mmabatho, Mafikeng en direkte omgewing.

Ligging Hierdie dam in die Moloporivier is by 25° 51′ 30″ suid, 25° 30′ 1″ oos en aan die suidwestekant van Mmabatho.

Gebruik Die dam is in die middel van die 1990’s gebou om water vir die vinnig groeiende bevolking in die streek te verskaf. ‘n Half miljoen mense en ook vee is van die dam afhanklik vir drinkwater. Visvangs voorsien in die lewensonderhoud van ‘n beduidende aantal mense in die gemeenskap. Dit is baie ryk aan voëllewe. Sommige spesies wat elders skaars is, kom hier volop voor.

Dam Hierdie staatswaterskema is in 1997 voltooi. Die wal van 1600 m lank en 19 m hoog skep ‘n bakmaat van 19 600 000 m³. As die dam vol is, is die meer se oppervlakte 4.473 km².

Besoedeling Hierdie dam het gely onder ernstige besoedeling. Duisende visvrektes was te wyte aan rioolstorting by die nabygeleë rioolaanleg.

Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie https://www.biznews.com/good-hope-project/watertech-company-sa-polluted-dam https://bluegreenwatertech.com/post/success-story-setumo-dam-africa Cilliers, Susan: Visse vrek in “rioolbesoedelde dam” in Mmabatho. https://www.netwerk24.com/nuus/omgewing/kyk-visse-vrek-in-rioolbesoedelde-dam-in-mmabatho-20230728 https://www.dws.gov.za/Documents/Approved%20Resource%20Management%20Plans/Setumo%20Dam/Setumo%20Dam%20RMP.pdf https://gobirding.birdlife.org.za/north-west-mahikeng-setumo-modimola-dam/ https://www.sajr.co.za/lights-water-action-israel-makes-a-difference-in-africa/

Kategorie:Noordwes Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Besoedeling