Seyed Mohammad Marandi (Persies: سید محمد مرندی; gebore 14 Mei 1966) is ’n Amerikaans-Irannese akademikus, intellektueel en politieke ontleder. Hy is nou verbind met die Iraannese regering. Die Londense koerant Iran International beskryf hom as ’n “mondstuk” van die Iraannese regering. Op sy webwerf word hy beskryf as ’n “prominente Irannese verdediger van die Islamitiese rewolusie”.
Hy is in Richmond, Virginia, Verenigde State gebore as die seun van Alireza Marandi, wat later die dokter van die tweede opperleier van die Islamitiese Republiek van Iran, Ali Chamenei, geword het. Mohammad Marandi het op 13-jarige ouderdom na Iran verhuis, waar hy vrywillig aangebied het om te veg in die Iran–Irakse Oorlog teen president Saddam Hussein se Ba'athistiese regime en hy het twee Irakse chemiese wapenaanvalle oorleef.
Loopbaan Marandi het later aan die Universiteit van Birmingham in Engeland studeer, waar sy doktorale proefskrif getitel was “Lord Byron, his critics and Orientalism”, wat is beskryf as ’n “reaksie op Edward Said se Orientalism”.Database Hy dien tans as ’n professor in Engelse letterkunde en Oriëntalisme aan die Universiteit van Teheran.
As gevolg van sy goeie kennis van die Engelse taal word hy dikwels deur internasionale media geraadpleeg om sy menings oor huidige gebeure in Iran en die wêreld vanuit 'n Irannese perspektief te gee.
Marandi het as politieke en sosiale kommentator op internasionale nuusnetwerke verskyn, soos Channel 4, Sky News, PBS, ABC, CNN, BBC, Al Jazeera en RT. Hy het ook meningstukke bygedra tot publikasies soos Al Jazeera, Middle East Eye, en Tehran Times.
Sienings In 2021 is Marandi daarvan beskuldig dat hy antisemitiese opmerkings gemaak het tydens ’n onderhoud met die BBC. Die onderhoud is gekritiseer omdat dit toegelaat is, en die BBC se direkteur het later daarvoor om verskoning gevra. Onder Marandi se opmerkings was beskuldigings dat Israel ’n “etno-supremasistiese” staat is wat ’n “holocaust” in die Gasastrook pleeg.
Op 4 Maart 2026, tydens 'n voortdurende bomaanvalsveldtog teen Iran, het hy beweer dat Iran nog nie sy mees gevorderde wapens gebruik het nie, en dat Iran die Verenigde State sou verslaan.
Bibliografie “Oppressors and Oppressed Reconsidered: A Shi‘itologic Perspective on the Islamic Republic of Iran and Hezbollah’s Outlook on International Relations” (saam met Raffaele Mauriello) in Islam and International Relations: Contributions to Theory and Practice, Springer Publishing, 2015, bl. 50–71. “The Khamenei Doctrine: Iran's Leader on Diplomacy, Foreign Policy and International Relations” (saam met Raffaele Mauriello) in Islam in International Relations: Politics and Paradigms, Routledge, 2018, bl. 18–38.
Verwysings
Kategorie:Irannese skrywers Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense