Die Suidelike Lyn is 'n pendelspoorlyn wat deur Metrorail Wes-Kaap bedryf word, wat die Kaapstad-stasie in sentrale Kaapstad, Suid-Afrika, met die Suidelike Voorstede en die dorpe aan die weskus van Valsbaai verbind. Die spoorlyn eindig in Simonstad. Geskiedenis In 1861 is die Wynberg Railway Company gestig om 'n spoorweg van Soutrivier tot Wynberg te bou. Die eerste gedeelte is op 19 Desember 1864 geopen. In 1876 het die Cape Government Railways die lyn oorgeneem en verder uitgebrei. Die spoorlyn het in 1882 Muizenberg bereik en 'n jaar daarna het dit vir Kalkbaai bereik. Die spoorlyn is laastens tot Simonstad in 1890 verleng.
Tydens die Vlak 5 en vlak 4 strenge inperkingstydperk in Maart 2020 ten midde van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika is treindienste op die Suidelike Lyn tydelike opgeskort. Beperkte dienste op die Suidelike Lyn is in Julie 2020 hervat toe Suid-Afrika na Vlak 3 van die inperkingsregulasies beweeg het. Gedurende 2021 en 2022 is die diensfrekwensie geleidelik uitgebrei namate herstelwerk aan seinstelsels en ander infrastruktuur voltooi is. Op 5 Januarie 2022 is die diens tussen Vishoek en Simonstad heropen. Roete Die spoorlyn gaan verby tenminste 28 treinstasies in die volgende volgorde vanaf die Kaapstad-spoorwegstasie in die middestad tot Simonstad: Kaapstad Woodstock Soutriver Observatory Mowbray Rosebank Rondebosch Nuweland Claremont Harfield Road Kenilworth Wynberg Wittebome Plumstead Steurhof Dieprivier Heathfield Retreat Steenberg Lakeside Valsbaai Muizenberg St. James Kalkbaai Vishoek Sunny Cove Glencairn Simonstad
Verwysings
Kategorie:Spoorlyne in Suid-Afrika Kategorie:Suidelike Lyn