Krasava Ypsonas (Amptelik: Freedom 24 Krasava FC) is ’n sokkerklub van Siprus wat in die Eerste Divisie van Siprus, die hoogste nasionale afdeling, speel.
Die klub is op 14 Mei 2014 in die stad Ypsonas gestig onder die naam Enosi Neon Ypsona-Digenis, ná die samesmelting van die spanne Enosi Neon Ypsona en Digenis Akritas Ipsona. Op 14 Mei 2019 verander hul naam na Ypsonas FC (Grieks: Ένωση Νέων Ύψωνα - Διγενής Ύψωνα).
In Julie 2022 het die Russiese sokkerblogger Jewgeni Sawin, wat die eienaar van die Russiese sokkerklub FC Krasava was, die nuwe eienaar van die klub geword en ’n soortgelyke naam en logo as dié van Krasava aangeneem. FC Krasava was ’n lid van die streeksliga van die Russiese hoofstad Moskou, gestig in 2020, maar het nie ’n tuisveld gehad vir sy wedstryde nie en het uiteindelik verdwyn. Die naam is Russiese sleng wat ongeveer “Mooi so” of “Goed gedoen” beteken.
Sawin is ’n voormalige sokkerspeler en hy het (volgens sy eie weergawe) die klub vir $450 000 gekoop. Nadat hy ’n video gepubliseer het waarin hy die Oekraïense sokkerspelers Andriy Yarmolenko en Andriy Voronin tydens die Russies-Oekraïense oorlog ondervra het, is hy as ’n misdadiger behandel op grond van beskuldigings dat hy die Russiese gewapende magte in diskrediet gebring het. Hy het daarna na Siprus gevlug om vir ’n tweede keer te probeer om ’n sokkerklub te bekom.
In 2024 is die klub amptelik herdoop tot Freedom 24 ENY Ypsonas FC, maar dit word steeds as FC Krasava op die amptelike webwerf geadverteer.
In die 2024/25-seisoen van die Tweede Divisie van Ciprus het hulle promosie na die Eerste Divisie van Siprus behaal en die tweede span met Russiese eienaars in die hoogste afdeling geword ná Pafos.
Verwysings
Externe skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Sipriotiese sokkerklubs