Die Klipdriftdam is 'n besproeiingsdam in Gauteng. Dit word ook vir watersport en visvang benut.

Ligging Die suidoostelike punt van die damwal raak aan die grens tussen die provinsies Gauteng en Noordwes. Dit is noordoos van Potchefstroom by die koördinate geleë.

Dam Hierdie dam is die eiendom van die Departement Waterwese en dateer uit 1918. Die wal is 12 m hoog en met sy bakmaat van 13 300 megaliter vorm dit 'n meer met 'n oppervlakte van 4,713 km². Dit word gevoed deur die Loopspruit en die Enselspruit. Aan die suidwestekant verlaat die Loopspruit die dam en sluit in Potchefstroom by die O.P.M. Prozesky-voëlreservaat by die Mooirivier aan.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika