regs|duimnael|Friedrich Engels; 'n man met 'n groot baard Pogonofobie is die vrees vir baarde.

Geskiedenis Pogonofobie is 'n intense vrees vir of weersin in baarde. Die term het sy oorsprong in die Griekse woorde "pogon" (baard) en "phobos" (φόβος) (vrees)".

In 'n 1851-uitgawe van The Covenanter of the Reformed Presbyterian Church, skryf David Smith dat die Jesuïete van Baden aan " 'n ware pogonofobie gely het by die aanskoue van 'n demokratiese ken."

Oor die algemeen word die term in 'n meer skertsende trant gebruik. Gedurende die 1920's het die sielkundige John B. Watson egter daarin geslaag om hierdie vrees by 'n jong seun te kweek deur die gebruik van klassieke kondisioneringsmetodes.

Christopher Oldstone-Moore, 'n geskiedenisdosent aan die Wright State-universiteit in Ohio en skrywer van The Beard Movement in Victorian Britain,het in Augustus 2013 opgemerk: "Gedurende die afgelope eeu is gesigshare beskou as 'n weerspieëling van 'n agterdogtige sweem van individualiteit en verset. Politici, staatsamptenare en sakemanne- en blykbaar ook joernaliste- waag hul reputasies as hulle ophou om te skeer.

Daar word beweer dat daar 'n verband bestaan tussen hierdie verskynsel en "baardisme " – diskriminasie wat op gesigshare gebaseer is terwyl kulturele verskille ook 'n rol speel. Sekere assosiasies word gemaak met bewerings dat baarde onhigiënies sou wees ( byvoorbeeld: onder hawelose mans), asook met die modevoorkeure van vroue. Verder is die feit dat verskeie godsdienstige groepe, soos in Judaïsme en Islam, baarde gedra word en verbied hulle die skeer daarvan, wat 'n definitiewe invloed op daardie samelewing se norme en persepsies het.

Beskuldigings teen die BBC In Augustus 2013 het Jeremy Paxman sy werkgewer van pogonofobie beskuldig nadat hy in talle koerante en op sosiale media gekritiseer is omdat hy die BBC se aktualiteitsprogram, Newsnight, met 'n baard aangebied het. Paxman het gesê: "Tensy jy gelukkig genoeg is om Uncle Albert in Only Fools and Horses, Demis Roussos of Abu Hamza te wees, is die BBC oor die algemeen net so pogonofobies soos die oorlede Albanese diktator, Enver Hoxha." Hy het later geskryf: "Die ding is, ek hou gewoonlik nie van baarde nie," en nadat hy opgemerk het hoe hy 'n "plakkaatseun" vir die Beard Liberation Front geword het, het Paxman gekla dat hy dit as " 'n behoorlike swaar las ervaar".

Robin Lustig, 'n voormalige uitsaaier vir BBC Radio 4 en World Service wat voorheen as "Baard van die Jaar" gekroon is, het die BBC eweneens as pogonofobies beskryf. Danny Baker van BBC Radio 5 Live was egter nie hiermee eens nie en het verklaar: "Ek dink werlik nie dat 'n baard aan Jeremy Paxman toegestaan moet word nie. Dit is korrup. Disney was reg. Haai BBC – geen nuusbaarde nie." Baker se verwysing na Disney hou verband met daardie maatskappy se langdurige verbod op baarde vir werknemers, 'n beleid wat eers in 2012 opgehef is, byna sestig jaar nadat dit ingestel is.

Sien ook "Fear the Beard", 'n slagspreuk wat deur sportondersteuners gebruik word om hul steun aan 'n baarddraende sportster te toon.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels Uitspraak van "Pogonofobie"

Kategorie:Fobies