Jacobus Johannes van Niekerk (1860 - 1930) was 'n kommandant tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Tydens die slag van Magersfontein is hy ernstig gewond, maar nie gevangene geneem nie. Tydens die Slagtersnek-rebellie is hy aangestel as generaal. Hy het deelgeneem aan die gevegte by Virginia en Bronkhorstspruit (Senekal). Hy is uiteindelik gevang,'n jaar in die Fort op Johannesburg aangehou en met £500 beboet.

Hy het 'n groot aandeel gehad in die stigting van die Helpmekaar-beweging. Hy het negentien jaar lank die kerk gedien as 'n ouderling.

Vroeë Lewe Van Niekerk is op 29 Desember 1860 op Ladysmith, Natal gebore, en in Maart 1930 oorlede. Op negejarige leeftyd is hy saam met sy ouers na Franshoek in die distrik Ficksburg. Daar is hy later getroud met Elizabeth Rautenbach. Kort na sy huwelik het hy deelgeneem aan 'n kommando om 'n dreigende uitbarsting oor die opvolging van Moroka II deur twee van sy seuns betyds te demp.

Jacobus en Elizabeth het 3 kinders gehad, Izak Andries van Niekerk, Maria Magdalena Fourie and Andreas Rautenbach van Niekerk.

Verwysings

Bronnelys Nienaber, P.J., Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Voortrekkerpers 1947

Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1860 Kategorie:Sterftes in 1930