thumb|220px|'n Fragment van 27,7 g van die Carancas-meteoriet wat enkele dae ná die val teruggevind is. Die skaalblok is 1 cm3.

Die Carancas-voorval verwys na die neerstorting van 'n chondrietmeteoriet op 15 September 2007 naby die dorp Carancas in Peru.Planetario Max Schreier "Meteorito por el Desaguadreo" , 24 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007.Teresa Cespedes, Reuters, "Peruvians get sick from apparent meteorite crater", 18 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007. Die slag het ’n klein krater in die kleigrond geskep en die grond rondom die trefplek geskroei.Rory Carroll, The Guardian, "Peru meteorite crash 'causes mystery illness'", September 18, 2007. Besoek op 10 Oktober 2007. Die meteoriet het die Aarde sowat 3 800 m bo seespieël getref.

Ná die impak het dorpenaars wat die impakgebied genader het, siek geword van ’n destyds onverklaarde siekte, met ’n groot verskeidenheid simptome.Lester Haines, The Register, "Peruvian 'meteorite' strike provokes noxious gas attack", 18 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007.

Impakvoorval

Die vuurbal is deur plaaslike inwoners waargeneem as baie helder met ’n rokerige stert, en is gesien op net 1 000 m bo die grond. Die impak het ’n krater geskep groter as 4,5 m diep en 13 m breed, met sigbaar geskroeide grond rondom die slagplek. Die klein seismiese skok van die impak het die vensters van die plaaslike gesondheidsentrum 1 km daarvandaan gebreek. ’n Rookkolom het by die terrein gevorm wat verskeie minute geduur het, en gas is gesien wat in die water in die krater opborrel.

’n Plaaslike amptenaar, Marco Limache, het gesê kokende water het uit die krater begin kom, en deeltjies rots en sintels is daarnaby gevind. “Stink, giftige” gasse het uit die krater gespuit.NBC News, "Villagers fall ill after fireball hits Peru", 18 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007.BBC News, "Scores ill in Peru 'meteor crash'", 18 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007.

Een dorpenaar was net sowat 100 m van die impakterrein. Hy het van sy fiets afgeval, maar is nie beseer nie. Kort ná die impak het meer as 600 dorpenaars die terrein besoek en sommige het begin siek word met simptome soos velbeserings, naarheid, hoofpyn, diarree en braking.Living in Peru, LIP-ir, "Doctors Aid in Rising Number of Illnesses after Meteorite Crash", 19 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007. Op 20 September het Peruaanse wetenskaplikes bevestig daar was ’n meteorietbotsing, maar geen verdere inligting oor die oorsaak van die siekte was bekend nie. Slagkraterspesialiste het die impak ongewoon genoem en verklaar die meteoriet was minstens 3 m in deursnee voordat dit opgebreek het.

Siekteklagtes Ná die inslag het plaaslike inwoners gaan kyk wat gebeur het, en 100 tot 200 mense wat naby die meteorietkrater gekom het, het gou begin rapporteer dat hulle siek voel. Die eerste polisiebeamptes wat op die toneel aangekom het om dit te ondersoek, het ook siek geword.Agence France Presse, "Peruvian scientists probe fumes from meteorite crater" , 18 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007.

Ná die aanvanklike gebeurtenis het die aantal mense wat siek geword het, toegeneem. Dokters moes noodgedwonge mediese tente by die Carancas-gesondheidsentrum oprig. Pasiënte is behandel vir velbeserings, naarheid, hoofpyn, diarree en braking. Die dood van nabygeleë vee is ook aangemeld.CBC News, "600 sick in Peru after 'meteorite' crashes", 19 September 2007. Besoek op 10 Oktober 2007.

Vier dae ná die meteorietimpak en die onverklaarde siekte het die meeste dorpenaars berig hulle het herstel. In daardie stadium was geen verdere inligting oor die oorsaak van die geheimsinnige siekte bekend nie. Die grondwater in die plaaslike gebied is bekend daarvoor dat dit arseenverbindings bevat, en daar word nou geglo dat die siekte veroorsaak is deur arseenvergiftiging wat opgedoen is toe inwoners van die gebied die damp van die kokende, arseenbesoedelde water ingeasem het.

Omdat die impakterrein op ’n hoogte van meer as 3 800 m geleë is, is die meteoroïed moontlik nie soveel vertraag soos dit normaalweg sou wees deur sy deurgang deur die Aarde se digter, laer atmosfeer nie, en die kinetiese energie by impak kon buitengewoon hoog gewees het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Natuurrampe Kategorie:Geskiedenis van Peru Kategorie:Chemiese elemente