Boötes II of Boo II is 'n elliptiese dwergsterrestelsel in die sterrebeeld Veewagter. Dit is in 2007 ontdek uit data wat van die Digitale Sloan-lugopname verkry is. Die stelsel is sowat 136 000 ligjare van die Son af geleë en beweeg teen 'n snelheid van 126 km/s in die rigting van die Son.
Kenmerke Boötes II is een van die kleinste en dofste satellietsterrestelsels van die Melkweg. Dit is maar sowat 1 000 keer so helder soos die Son, wat baie minder is as die meeste bolswerms. Sy massa is egter aansienlik volgens die massa-lig-verhouding van meer as 100.
Die sterre van Boötes II is meestal taamlik oud; hulle het 10-12 miljard jaar gelede gevorm. Hulle metaalinhoud is dus baie laag (Fe/H = ~2,3), wat beteken hulle bevat sowat 200 keer minder swaar elemente as die Son. Geen nuwe sterre vorm tans in Boötes II nie.
Boötes II is net sowat 1,5 grade van Boötes I, nog 'n dwergsterrestelsel, geleë. Dit is egter onwaarskynlik dat hulle verbind is, want hulle beweeg in verskillende rigtings met betrekking tot die Melkweg. Hulle snelheid (sowat 200 km/s) is hoog en hulle word moontlik eerder met die Sagittarius-stroom verbind, en daarom met die Sagittarius- Elliptiese Dwergsterrestelsel. Boötes II was dalk óf 'n satellietstelsel óf 'n bolswerm van laasgenoemde wat 4-7 miljard jaar gelede weggestroop is.
Sien ook Lys van Melkweg se satellietsterrestelsels
Verwysings
Skakels
Kategorie:Veewagter (sterrebeeld) Kategorie:Melkweg Kategorie:Dwergsterrestelsels