duimnael|Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch Erfurthuis is een van die besbewaarde historiese geboue op Stellenbosch.

Ligging Die huis is by Ryneveldstraat 37 en word omring deur Wilgenhof, die Kruiskerk, die Khaya, Huis Neethling, die ou sinagoge en die museum van die Universiteit van Stellenbosch.

Huis Die grond waarop die huis staan, was deel van ‘n plaas wat in 1683 hier aan Harmen Jansz Potgieter toegeken is. Jan Beyers het in 1876 die indrukwekkende dubbelverdiepinggesinswoning met die opvallende hout- en smeeysterbalkon wat die huis heeltemal omring, gebou. Die het ruim kamers, dubbele voordeure met glassyvensters en ‘n waaiervenster oor die ingang. Alhoewel dit in die Victoriaanse tydperk opgerig is, het dit kenmerke van die Nederlandse koloniale boustyl. Rondom die tuin staan nog die oorspronklike smeeyster-heining met hekke.

Gebruik Die jaar na die dood van Anna, die weduwee van Jan Beyers, is die huis ingerig as ‘n koshuis vir die meisies van die destydse Hoër Meisieskool Bloemhof (tans die museum) regoor die straat. Daarna het dit die kantore van die NG-kerk gehuisves. Sedert 1991 word die gebou deur die Stellenbosch Museum gebruik. Daar is ‘n omvattende biblioteek wat fokus op die kultuurggeskiedenis van die Afrikaner en die kontreigeskiedenis van Stellenbosch. Ook die kantore van die Woordfees is in die huis.

Bibliografie https://evendo.com/locations/south-africa/breede-river-valley/attraction/erfurthuis Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004 Naudé, Eduan: Historiese Stellenbosch – Erfurthuis. In: Stellenbosch Tatler, 22 November 2025 https://www.stellenboscherfenistrust.co.za/downloads/Museumhuise.pdf

Kategorie:Stellenbosch Kategorie:Argitektuur