Die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 (Engels: 2015 FIFA Women’s World Cup; Frans: Coupe du monde féminine de la FIFA 2015) is van 6 Junie tot 5 Julie 2015 in Kanada beslis. Dit was die sewende vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Kanada.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 24 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde-plek-spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Die Verenigde State het die trofee gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Japan geklop en sodoende hul derde vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Daarmee het hulle die eerste land geword wat drie vrouesokkerwêreldbekertitels kon wen. Engeland het in die derde en Duitsland in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale vrouesokkerspanne van Costa Rica, Ecuador, Ivoorkus, Kameroen, Nederland, Spanje, Switserland en Thailand het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die eerste toernooi met die nuwe aantal van 24 nasionale vrouesokkerspanne, wat verhoog is van die vorige 16 deelnemers tussen die vrouesokkerwêreldbekertoernooie van 1999 tot 2011.
Toewysings FIFA het belangstellende lande tot Desember 2010 tyd gegun om hul bieë in ten dien. Die enigste kandidaatlande was Kanada en Zimbabwe.
Zimbabwe het op 1 Maart 2011 sy kandidatuur teruggetrek. Die land se kandidatuur is as ’n buiteperd beskou aangesien sy nasionale vrouesokkerspan nog nooit vir ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi gekwalifiseer het nie. Die land het ook onder ’n langdurige politieke en ekonomiese instabiliteit gebuk gegaan.
Kwalifisering 24 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 deelgeneem.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie6de62011Kwarteindrondte (2007, 2011)7de72011Naaswenner (2007)2de22011Groepfase (2011)1ste1–Debuut7de72011Kampioen (2003, 2007)1ste1–Debuut4de32011Kwarteindrondte (1995, 2007, 2011)3de22011Vierde plek (2011)1ste1–Debuut7de72011Kampioen (2011)1ste1–Debuut6de62011Vierde plek (2003)3de22011Groepfase (1999, 2011)1ste1–Debuut4de32011Groepfase (1991, 2007, 2011)7de72011Kwarteindrondte (1999)7de72011Kampioen (1995)1ste1–Debuut2de12003Groepfase (2003)7de72011Naaswenner (2003)1ste1–Debuut1ste1–Debuut7de72011Kampioen (1991, 1999)6de12007Naaswenner (1999)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Edmonton Montreal Vancouver Commonwealth-stadion Olimpiese Stadion BC Place Kapasiteit: 56 302 Kapasiteit: 56 040 Kapasiteit: 54 320 200px 200px 200px Winnipeg Ottawa Moncton Investors Group Field(Winnipeg-stadion) TD Place-stadion(Lansdowne-stadion) Moncton-stadion Kapasiteit: 33 422 Kapasiteit: 24 000 Kapasiteit: 13 000 200px 200px 200px
Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 is oor 30 dae tussen 24 verskillende lande oor 52 wedstryde beslis. Dit het op 6 Junie 2015 op die Commonwealth-stadion in Edmonton met die openingswedstryd tussen die gasheer Kanada en die Volksrepubliek China afgeskop. Die toernooi het geëindig op BC Place in Vancouver op 5 Julie met die eindstryd tussen Japan en die Verenigde State, waartydens die Verenigde State die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSa6So7Ma8Di9Wo10Do11Vr12Sa13So14Ma15Di16Wo17Do18Vr19Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep C
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep D
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep E
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep F
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |UitklopfaseJunie/JulieSa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Ma29Di30Wo1Do2Vr3Sa4So5Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 3 | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 is deur 24 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit 16 wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Desember 2014 op die Kanadese Natuurmuseum in Ottawa gehou.
Groepfase duimnael|Die loting vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 is op 6 Desember 2014 op die Kanadese Natuurmuseum in Ottawa gehou 24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep en die vier beste derde-plek-spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Wedstryd tussen Nieu-Seeland en Nederland Land312021+15311133±04311122±04302123–12
Groep B Land3210151+147321082+673102310–733003316–130
Groep C Land330041+39320193+663102114+733003117–160
Groep D Land321041+37311144±04303044±03301236–31
Groep E Land330040+49311145–14302134–12301224–21
Groep F Land320162+46320143+16311143+14301228–61
Ranglys van die derde-plek-spanne LandGroepF311143+14A311122±04C3102114+73D303044±03B3102310–73E302134–12
Uitklopfase duimnael|Agtste eindstryd tussen Kanada en Switserland duimnael|Kwarteindstryd tussen Australië en Japan duimnael|Die Engelse nasionale vrouesokkerspan nadat hulle die bronseindstryd om die derde plek teen Duitsland gewen het
Agtste eindrondte
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Vrouesokkerwêreldkampioen 2015
FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2015-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland Kanada duimnael|Die Verenigde State se nasionale vrouesokkerspan nadat hulle die Vrouesokkerwêreldbeker 2015 gewen het RangSpanGroep 1 D 7 6 1 0 14 3 +11 19 2 C 7 6 0 1 11 8 +3 18 3 F 7 5 0 2 10 7 +3 15 4 B 7 3 2 2 20 6 +14 11 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 F 5 3 1 1 10 3 +7 10 6 A 5 2 2 1 4 3 +1 8 7 D 5 2 1 2 5 5 ±0 7 8 A 5 2 1 2 4 4 ±0 7 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 E 4 3 0 1 4 1 +3 9 10 B 4 2 1 1 9 4 +5 7 11 C 4 2 0 2 9 4 +5 6 12 F 4 1 1 2 4 5 −1 4 13 A 4 1 1 2 3 4 −1 4 14 E 4 1 1 2 4 8 −4 4 15 C 4 1 0 3 11 5 +6 3 16 D 4 0 3 1 5 8 −3 3 In die groepfase uitgeskakel 17 B 3 1 0 2 3 10 –7 3 18 E 3 0 2 1 3 4 –1 2 19 A 3 0 2 1 2 3 −1 2 20 E 3 0 1 2 2 4 –2 1 21 D 3 0 1 2 3 6 −3 1 22 F 3 0 1 2 2 8 −6 1 23 B 3 0 0 3 3 16 −13 0 24 C 3 0 0 3 1 17 −16 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Célia Šašić 6 Carli Lloyd 6 3 Anja Mittag 5 4 Kyah Simon 3 Fara Williams 3 Eugénie Le Sommer 3 Ramona Bachmann 3 Gaëlle Enganamouit 3 Marie-Laure Delie 3 Ada Hegerberg 3 Fabienne Humm 3 Rang Speler Doele 12 Lisa De Vanna 2 Wang Shanshan 2 Lena Petermann 2 Solveig Gulbrandsen 2 Madeleine Ngono Mani 2 Lady Andrade 2 Ange N’Guessan 2 Isabell Herlovsen 2 Gabrielle Onguéné 2 Lucy Bronze 2 Aya Miyama 2 Linda Sembrant 2 Christine Sinclair 2 Karen Carney 2 Yūki Ōgimi 2 Orathai Srimanee 2 Wang Lisi 2 Sara Däbritz 2 Kirsten van de Ven 2 Megan Rapinoe 2
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: FIFA Women's World Cup Canada 2015 rsssf.com: Women's World Cup 2015 (Canada)
Kategorie:Geskiedenis van Kanada Kategorie:Sokkerkompetisies in Kanada Kategorie:Sport in 2015 2015